Man vas oor gesteelde Vodacom-batterye

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige man is Vrydag in Olievenhoutbosch, Centurion in Gauteng in hegtenis geneem in verband met die diefstal van 12 batterye uit ʼn Vodacom-toring.

Die batterye, ter waarde van R60 000, is uit ʼn toring in Alexandra, Johannesburg gesteel.

ʼn Privaat speurder het die opsporingsdata van die batterye ondersoek en kon die GPS-koördinate aan die polisie verskaf.

Die batterye was in ʼn voertuig, wat brood vervoer het, versteek. Dieselfde voertuig is glo tydens ʼn soortgelyke voorval in Soshanguve gebruik.

Die verdagte sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van gesteelde goedere.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jacques ·

Eish. Sorry ek kry die battery by die van. Hy moet sit. Die onskuldig pleit is nonsens

Johann Marx ·

Nou weet ek ook hoekom my foon so baie “calls drop”, onduidelik is, nie sms’e ontvang of stuur nie……..Vodakrom se batterye is weg!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.