Man vas oor rooftogte, moord in Noordwes

(Foto: SA Polisie)

ʼn 27-jarige man sal na verwagting Vrydag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met verskeie misdade wat in Rustenburg en Brits gepleeg is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Dinsdag in Rustenburg in hegtenis geneem ná ʼn wenk ontvang is. “Die polisie in Boitekong het inligting van die man se vermeende medepligtige ontvang oor waar hy homself bevind. Die verdagte word ook verbind met ʼn sakerooftog wat in Oktober vanjaar in Brits plaasgevind het.”

Die verdagte en drie van sy vermeende medepligtiges, insluitend die een wat reeds in Boitekong in aanhouding is, word ook verbind met sake van moord en roof in Marikana in Julie 2019.

“ʼn Soektog na die twee oorblywende verdagtes duur voort. Hulle is vermoedelik in die Oos-Kaap,” het Mokgwabone bygevoeg.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van roof. Hy sal kort daarna ook in die Bafokeng-landdroshof verskyn in verband met die moord en rooftogte in Marikana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.