Die polisie in Madibogo in Noordwes het ʼn man (24) in hegtenis geneem vir opsetlike saakbeskadiging en brandstigting ná hy twee huise beskadig het.
Die man het glo die een huis met klippe bestook en die ander een aan die brand gesteek.
Volgens sers. Kelebogile Moleko, ʼn polisiewoordvoerder, het die man Maandag ʼn rusie met sy vriendin gehad. Hy het glo na haar huis toe gegaan en aangedring om haar te sien omdat sy glo geld uit sy bankrekening onttrek het.
“Hy het die huis bestook met bakstene ná sy geweier het dat hy inkom,” het Moleko gesê.
Die man het glo Maandagaand omstreeks 22:30 die vensterrame van ʼn ander huis opgebreek en dit aan die brand gesteek. Volgens Moleko het hy die eienaar van die huis beskuldig dat hy met sy vriendin ʼn verhouding het.
Die bure het gehelp om die brand te blus, maar die huis het baie skade opgedoen.
Die verdagte sal op 4 Januarie in die landdroshof op Atamelang verskyn.
Die mans in ons land moet ophou om te dink vrouens is hulle PRIVAAT EIENDOM!!!