Man vas wat Kaapse rob slag

‘n Kaapse pelsrob ter illustrasie. (Foto: Chris Stenger/Unsplash)

Waarskuwing: die berig bevat inhoud wat sensitiewe lesers kan ontstel.

ʼn Man is Donderdag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy ʼn Kaapse pelsrob op ʼn strand geslag het.

Dit is die tweede voorval vanjaar waarin ʼn Kaapse pelsrob in die Moederstad aangeval is.

Wayne Dyason, woordvoerder vir Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, sê lede van die stad se mariene en omgewingseenheid is in kennis gestel dat ʼn man besig was om ʼn rob op die strand langs Baden Powell-rylaan naby die Strandfontein Pavilion te slag.

Na verneem word was die rob reeds vrek en was die man besig om die vleis te oes.

“Die beamptes het op die toneel aangekom en die verdagte betrap net nadat hy ʼn Kaapse pelsrob opgesny het.”

Die man is in hegtenis geneem ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur Biodiversiteit (Nemba) vir die besit van ʼn dier op die lys van bedreigde of beskermde spesies.

Volgens die verdagte is daar ʼn “florerende swartmark vir dié robbe se vleis”.

Dit is nie die eerste keer dat ʼn rob vanjaar geteiken word nie. Vier mans het in Januarie ʼn Kaapse pelsrob op die strand naby Khayelitsha vasgekeer en met klippe bestook in ʼn poging om die dier dood te maak. Die rob moes kort ná die aanval van kant gemaak word.

Die mans het later aan die polisie gesê hulle is R3 000 deur ʼn tradisionele geneser aangebied om die rob dood te maak.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

TheSnake ·

Dis ontstellend. Die volk maak allles dood. Ek was ‘n tyd gelede in Lesoto tussen Maseru en die grens. Ons het langs die pad stilgehou onder ‘n massiewe wilde fy. Daar’s nie ‘n voëltjie, akkedis of enige ander lewende wese wat mens by so boom sou verwag nie. Alles is dood!

Nommer 7 ·

In die hele Afrika loop wilde diere vrylik rond, behalwe in SA. Wie is die “volk” na wie u verwys? Wie het SA se wilde diere uitgeroei?

Mariana ·

Is daar dan niks meer veilig nie? Wat se doel het ‘n rob dan nou in die tradisionele geneser se konkoksies. Ons land is slagveld….. siek

Goldy ·

Dis wat gebeur as mens mense met heeltemal verskillende waardes in jou midde toelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.