Man vermis ná hy visvang op Vaaldam

Pieter Wilders. (Foto: Verskaf)

ʼn Man van Kemptonpark word vermis nadat hy gaan visvang het op die Vaaldam.

Pieter Wilders (30) het Saterdagmiddag sy visstokke gevat en in sy boot geklim om te gaan visvang. Volgens sy ouma, Alet Joubert, is sy boot die aand onbeskadig in die rivier gevind met sy selfoon en kospakkie nog net so in die boot. Van Pieter was daar egter geen teken nie.

Joubert woon in Oranjeville en Pieter het by haar gekuier. Joubert sê die polisie is in kennis gestel en soek reeds sedert Sondagoggend na hom.

Joubert sê haar kleinseun is lank met rooierige hare. Hy het ʼn oorpak aangehad waarin hy visgevang het.

Wilders se pa, ook Pieter, het ook Sondag uit Ermelo by die soekgeselskap aangesluit.

Enigiemand wat inligting kan verskaf wat die polisie kan help om Pieter op te spoor, kan Joubert by 081 487 1116 of Linda Landman by 081 266 5203 skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper ·

Het hy in die Vaaldam vis gevang of in die rivier.Ek glo die rivier vloei seker nog sterk na die goeie reën.Ek is jammer maar dit lyk of iets skeefheloop het.

LeanetteS ·

Die Vaaldam is die grootste dam in die Vaalrivier. Dit is die tweede grootste dam in Suid-Afrika in terme van oppervlakarea en het die vierde grootste volume

Coenette ·

Oranjeville by die enkel kar staal brug, hulle het daar vis gevang

Anti-Verkramp ·

Dis maar altyd effe van ‘n waagkans om enige “avontuur” alleen aan te pak. Indien iets gebeur is daar nie iemand om dadelik te help of alarm te maak nie. Mens dink nie altyd aan sulke dinge nie maar dis raadsaam om byvoorbeeld ‘n tou/lyn aan die boot en jouself vas te maak. Beter kans om te oorleef sou jy oorboord gaan. Reddingsbaadjie is natuurlik beter maar die gewone ou investeer nie altyd in sulke dinge nie.

Casper ·

Ja en dit is daai R 400 se reddingsbaadjie wat al baie lewens gered het as jy in die moeilikheid raak.Sovêr ek weet is redditsbaadjies ‘n vereiste as jy jou boot regestreer.Ek weet nie of dit in die Vrystaat ook so is nie.

Coenette ·

Ongelukkig het hy sy waders aan gehad, niemand het geweet dat so iets sal gebeur nie u raad is van waarde baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.