Man vermoor glo vriendin, beseer haar suster

Maxwell Mashegoane (Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

ʼn 22-jarige man, wat ʼn vrou met ʼn skerp voorwerp aangeval en vermoor en haar suster kritiek beseer het, is steeds voortvlugtig.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Vrydag in Hlogotlou buite Groblersdal in Limpopo plaasgevind.

“Die man was Vrydagaand by sy 26-jarige meisie se huis en hulle het omstreeks 22:30 glo begin stry. Hy het ʼn mes te voorskyn gebring en haar dood gesteek. In die proses is die vrou se suster ook beseer. Sy het kritieke beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem,” het Mojapelo gesê.

Die twee vroue se jonger broer kon ongedeerd vlug en het die bure in kennis gestel van die voorval.

“Lede van die gemeenskap het Sondag van die voorval te hore gekom en hulle het die verdagte se huis besoek. Hulle het die man se huis aan die brand gesteek. Niemand was in die huis ten tyde van die voorval nie.”

Die polisie versoek Maxwell Mashegoane van Monsterlus Selahliwe (in die foto hiernaas) om dringend by enige polisiestasie aan te meld, omdat hy vermoedelik die polisie kan help in hul ondersoek.

Foto verskaf deur die SAPD in Limpopo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elinette ·

Ai, die volk …. Stry met jou meisie/”boyfriend” en jy ruk ‘n mes uit en steek hom/haar net daar dood. Dan hoor die res van die gemeenskap daarvan en in regte Afrika-“jungle justice”, gaan steek hulle die huis van die vermeende moordenaar aan die brand. Wanneer gaan die mense leer – daar is wetgewing en ‘n regstelsel (nie dat ek vertroue in die polisie of laasgenoemde het nie); dat ‘n mens nie net reg in eie hande kan neem nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.