ʼn Man het na bewering sy vrou in Naledi, Soweto, verwurg voordat hy selfmoord gepleeg het.
“Die 45-jarige man het homself Saterdag aan ʼn paal in sy erf opgehang,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, Sondag gesê. “Die bure het Sondagoggend sy liggaam ontdek en sy familie in kennis gestel.”
Sy vrou se liggaam is in die egpaar se slaapkamer in die huis opgespoor. Sy is verwurg.
Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.