Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die polisie, het gesê Mangaliso Grootboom (28) is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op konst. Simthembile Thandani (31). Grootboom is nog agt jaar tronkstraf opgelê vir poging tot roof, vier jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en nog ʼn jaar vir die onwettige besit van ammunisie.
Volgens Feni het Thandani en sy kollega op 7 Januarie 2015 ʼn voertuig in KwaZakhele buite Port Elizabeth voorgekeer terwyl hulle aan diens was. Terwyl die twee polisiebeamptes met die bestuurder gepraat het, het twee mans met vuurwapens verskyn en ʼn struweling het ontstaan. Grootboom het Thandani twee keer in die bolyf geskiet.
Thandani het teruggeskiet en Grootboom is ook in die bolyf gewond, maar kon daarin slaag om saam met sy makker te vlug. Thandani is op die toneel dood.
Grootboom is later dieselfde aand in hegtenis geneem nadat hy by ʼn provinsiale hospitaal in Uitenhage gaan aanklop het vir mediese hulp. Sy medepligtige is steeds op vrye voet.
Riv. Sterkte aan die gesin.
Die boom raak nou kleiner.
Hopelik meen ‘lewenslank’ dat hy ‘permanent’ weggebêre is? Jammer dat die vermoorde die Grootboom nie afgekap het tydens die gebeure. Natuurlik was Grootboom se mediese koste nie van hom verhaal.
My innige meegevoel aan oorlede Konstabel Thandani se familie, kollegas en vriende. Dit is net jammer dat ‘lewenslank’ in Suid Afrika nie LEWENSLANK is nie!
SALUUT! Mag jy in vrede rus . . .