Man voor huis gekaap, vermoor

Theo van Rooyen

ʼn Man van Krugersdorp aan die Wes-Rand is vermoor nadat hy voor sy huis gekaap en ontvoer is.

Theo van Rooyen is Donderdagaand buite sy huis in Mindalore deur drie verdagtes oorval toe hy stilgehou het om die hek oop te maak.

Volgens kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, het die verdagtes Van Rooyen agter in sy motor gedwing en met hom weggery.

Van Rooyen se voertuig is kort na die voorval deur veiligheidswagte naby die Sinqobile- informele nedersetting gewaar.

“Die verdagtes het uit die motor gespring en die veld ingevlug toe hulle besef hulle word agtervolg. ’n Onbekende man is agter in die voertuig met ’n skietwond in die kop gevind en hy het by die plaaslike hospitaal aan sy beserings beswyk. Dit is in hierdie stadium nie duidelik wie die man is wat in die voertuig gevind is nie, maar die moontlikheid dat hy een van die verdagtes is, word nie uitgesluit nie.”

Van Rooyen se liggaam is Vrydagoggend in ʼn oop veld naby die Soul City- informele nedersetting gevind. Hy is geskiet.

Die polisie in Kagiso ondersoek twee sake van moord.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pierre ·

Sterkte aan die familie ek hoop julle kan vrede vind in liefde en goeie herhinderinge.

Kokerboom ·

Die man het NIE die wrede SA bestel verdien!! Sterkte aan sy familie. Die vryrondlopende boewe moet gejag en summier doodgeskiet word.!!

Theunis ·

Baie hartseer, my innige simpatie aan sy naasbestaandes. Per ongeluk gaan roof en moord net aanhou terwyl CR en sy kabinet die voorbeeld is van kriminêle optredes, dus dink hulle volgelinge dat hulle ook gemagtig is vir dieselfde dade, intussen verswak die ekonomie, dit verseker weereens dat werkloosheid en wanorde net gaan vermeeder. SA se regstelsel laat ook veel te wense oor, indien die kriminêle wel gevang word, word hulle nie te lank agterna weer in die publiek terug gelaat, ‘n speelgrond vir kriminêle.

melaney ·

Cherokee het jy gesien hoe lyk die polisie? Onfiks is nie die woord nie.

Skappie ·

Innige simpatie aan sy gesin, en almal wat hom geken het. Mag onse Liewe Jesus julle deur hierdie moeilike tyd wat ver julle voorle dra.

Isobel ·

Niemand is meer veilig nie. Dit is so sinneloos. Gooi maar die land oop vir almal wat wil inkom.

versigtig101 ·

Ons is 4 jaar terug uit Suid Afrika uit, en as ek artikels soos die lees besef ek hoekom ons alles moes agterlaat om iewers anders oor te begin. Maak my so kwaad dat ons so mooi land moes verlaat agv van die hoe kriminele elemente. My hart bloei vir my land en elke persoon wat deur hierdie onnodige seer moet gaan. Sterkte aan die familie.

Nettie ·

Innige simpatie aan sy familie en vriende. Mag God julle dra en Sy Vrede gee, want ons as mense, verstaan nie hoekom nie. Sterkte.

Minnie ·

Mag ons Heer die gesin en vriende troos.
Dit is weereens n sinnelose moord. So hartseer.
Wanneer gaan Cele en CR wakker skrik. Dis baie duidelik beplande wit moorde.
Hulle het AKA se gesin vir weke bygestaan en omtrent die polisie op hol gehad oor sy moord.
Hoekom het Cele nog nie die man se gesin besoek nie?
Iets drasties moet nou gebeur, so kan dit nie aangaan nie !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.