Man wou gemeenskap met gemorspos kul

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

ʼn 25-jarige man het Dinsdag in die Palm Ridge- gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van bedrog en geldwassery.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die beskuldigde, Athule Masimini (25) het na bewering in Augustus 2015 saam met sy beweerde medepligtige, Trevor Masiso (30), gemorsposboodskappe aan kwesbare lede van die gemeenskap gestuur. Hulle het leningsgoedkeurings aangebied van ʼn fiktiewe finansiële diensteverskaffer, Bruma.

“Verdere ondersoek het onthul dat die verdagtes R55 000 as regs- en administrasiefooi geëis het sodat die lening van R500 000 suksesvol geprosesseer kon word. Maande later, sonder dat hulle die lening ontvang het, het die klaers die saak by die owerhede aangemeld. Hulle is na die Valke se eenheid, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, verwys.”

Die ondersoekspan het Masiso reeds in Februarie 2019 by sy huis in Swaneville in Krugersdorp opgespoor. Hy is in Februarie 2020 tot twee jaar tronkstraf gevonnis op twee aanklagte van geldwassery.

Masimini is vanjaar op 29 Oktober in Lady Frere in Gqeberha opgespoor. Hy staan tereg op aanklag van bedrog en geldwassery. Hy is vrygelaat op borgtog van R2 000 en moet op 9 November weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SomeOne ·

en die “verlore” geld, waar is dit, nou na 2jaar het die een beskuldigde ‘n lekker meevaller

Hasie ·

Gelukig weet ek my inkomste regverdig nie so ‘ n groot lening nie en as iets te goed klink om waar te wees .. Ek vertrou in elk geval nie lenings skemas nie …..

Perdeby ·

Ek kry gereeld sulke w/app’s waar hulle jou nommer kry gaan my verstand te bowe, want dit kom elke keer deur op my werk se selfoon, en nerens is dit beskikbaar om te sien nie. Gese ek moet admin fee betaal. Lekker gelag vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.