Mans vervaardig dwelms in Germiston

(Foto: Verskaf)

Drie mans is vandeesweek in hegtenis geneem nadat polisielede hulle met plastieksakke vol metamfetamien, oftewel crystal meth, betrap het.

Die mans het boonop probeer om die betrokke beamptes om te koop nadat hulle met die onwettige dwelms betrap is.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê lede van Germiston se taakspan het Donderdag ʼn wenk ontvang oor onwettige bedrywighede in De Beerstraat.

“Met die polisie se aankoms op die perseel is drie mans met dwelms betrap,” sê hy.

(Foto: Verskaf)

“Die polisie het op altesaam ses sakke vol metamfetamien beslag gelê, asook op twee heel blokke van die dwelm.”

Toerusting wat glo gebruik word om die dwelms te vervaardig is ook in die mans se besit gevind.

Die verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 23 en 29 jaar, is op die perseel in hegtenis geneem.

Hulle sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn en aanklagte van die besit en vervaardiging van dwelms staar hulle in die gesig.

“Aanklagte van korrupsie sal ook by die klagstaat gevoeg word aangesien die verdagtes die betrokke polisiebeamptes probeer omkoop het om hul vry te laat.”

Sello het lede van die gemeenskap bedank wat die polisie help om dwelms van Gauteng se strate af te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokerboom ·

Gevolge van ANC sentraliserings/sosialistiese beleid. ..Massa werkloosheid lei tot korrupsie, bedrog, onwettige bedrywighede en vele ander onheilige aktiwiteite

Jaco ·

Vreemd dié massa werkloosheid. Met regstellende aksie en BEE all over the show, behoort almal in SA eintlik werk te hê. Die “regte” velkleur is dan al wat tel. Werkloosheid behoort op net 2 miljoen te staan en almal die gehate rassistiese wit mense te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.