‘Mantashe moet kernkrag-lugkastele nou laat vaar’

Gwede Mantashe

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het volgens die DA alle geloofwaardigheid verloor om enigiets te doen om die kragkrisis op te los, en tog dring hy steeds daarop aan dat Suid-Afrika voortgaan met planne om ʼn kernkragaanleg wat 2 500 MW kan lewer te bou.

Kevin Mileham, DA-LP en die party se woordvoerder oor minerale bronne en energie, sê Mantashe moet sy “belaglike lugkastele oor kernkrag laat vaar”. Hy sê die minister is oënskynlik salig onbewus van die feit dat sy ANC-regering die ekonomie basies laat ineenstort het en dat die staatskas leeg is.

“Selfs al sou die land so ʼn belegging kon bekostig, sal dit nog tien tot 15 jaar duur voordat die eerste megawatt aan die kragnetwerk gelewer kan word. Gegewe die geskiedenis met die bou van Medupi en Kusile lyk selfs dít onwaarskynlik.

“Suid-Afrika het nie tien jaar nie. Die voortslepende elektrisiteitskrisis vereis die verkryging van nuwe opwekkingskapasiteit in die kortste moontlike tyd.”

Mileham sê as “Operasie Vulindlela” enigsins ernstig opgeneem kan word, bied hernubare energie tans die bes verspreide bronne van energie om so gou moontlik verligting vir die beurtkragkrisis te bring.

Verskeie van dié projekte word binnekort aan die netwerk gekoppel, slegs ʼn paar jaar nadat die projekte daarvoor in aanmerking gekom het.

“Die idee van ʼn nuwe kernbouprogram is uit alle oorde verwerp, insluitend van binne die ANC self,” sê Mileham.

In 2018 het Paul Mashatile, destydse tesourier-generaal van die ANC, die idee van kernkrag verwerp omdat – só het hy aangevoer – Suid-Afrika nie grootskaalse uitbreiding van sy kernkrag-kapasiteit kan bekostig nie.

“Dit was net ʼn paar jaar nadat die tesourie ook nuwe kernprojekte verwerp het omdat die land in wese platsak was,” sê Mileham.

“Mantashe se aandrang op hierdie finansieel irrasionele opsie om die energiekrisis te pak, is pres. Cyril Ramaphosa se skuld.”

Sedert Ramaphosa Mantashe in die energie-portefeulje aangestel het, moes hy hom elke keer oortuig om die burokratiese rompslomp – wat in die pad van onafhanklike kragprodusente staan  – te verwyder.

“Sulke hardkoppigheid terwyl ʼn reusekrisis ons in die gesig staar laat Suid-Afrikaners wonder waarom Ramaphosa bang is om Mantashe af te dank?” sê Mileham.

Die 2024-verkiesing is om die draai en Suid-Afrikaners moet dan vir Ramaphosa en Mantashe die trekpas gee, sê Mileham.

“Ons kan eenvoudig nie nog vyf jaar van beurtkrag bekostig terwyl Mantashe op irrasionele idees van kernkrag aandring nie. Dit is in hierdie stadium nie die land beskore nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Misky ·

Mantashe is ‘n nar en hoort nie in daai pos nie. Geen benul in watse gemors ons werklik is en hoe naby is ons aan breekpunt en absolute donkerte nie.

Roebs ·

Hulle kan nie eers ons netwerk instand hou nie, dink net daaraan kernkrag as dit verkeerd loop is daar nog groter probleme.

Izak Danie ·

Mantashe praat van kernkrag .Hulle kan nie eers steenkool krag stasie bedryf nie, Hulle kan vergeet van kernkrag .Daar is ander stasies wat krag kan lewer .Hou op geld mors en maak die goed reg .Daar is windkrag en sonkrag wat hulle kan gebruik, hoekom nie . Danie

JohanR ·

Gwede Mantashe en vroulief maak lekker geld met die steenkool wat hulle aan Eskom verkoop.

Manie ·

Ek het al gewonder of dit nie die moontlik die man is waarna de Ruyter verwys het nie. Sy pligte is ook baie skielik ingeperk.

Casper ·

Ek wens ek kon hom beskryf het soos wat ek voel maar ek sal na St.Helena verban word.Ons het krag nou nodig nie oor 15 jaar nie.Ek wonder wat het van die steenkool geword wat in Middelburg afgelaai is.Was hy deel van die kullery.Is hy deel van die kartelle in Eskom.

Faraway ·

Die probleem is al hierdie grootkoppe ervaar geensins beurtkrag soos gewone Jan-alleman nie dis waarom daar NIKS aan gedoen word nie….dis woorde in die wind!!!

Andries ·

Daar word so oor beurtkrag gelieg dat dit byna onmoontlik is om selfs te raai wat nog voorlê. Maar wat daarvan indien dit n weldeurdagte plan is, om kort voor di 2024 verkiesing, skielik 4-6 fases minder beurtkrag te verduur? Dan is daar mos nou n ruiter op n wit perd (lees ANC) wat ons gered het…

Marthinus Johannes ·

Hy Wil kernkrag verhoog in SA ( wonder hoeveel sal gatsak toe gaan) terwyl die res van die wêreld besig is om kernkrag te verminder.

Althes ·

Mantashe dis tyd dat jy aftree ou maat. Jy kan niks meer konstruktiefs na die tafel bring nie.

Alex ·

Hulle moet eerder probeer om die oh sentrales aan die fang kry. Dit gaan minder kos.

anko ·

Op die stadium wil dit voorkom of hier gelap word en daar gelap word om môre nog n werk te kan hê. Dis soos om met papier poppe te speel.

annie ·

Mantashe glo steeds die ongetoetste korrelbedatoomkragstasie gaan ‘n wonderlike ding wees. Enige atoomkrags verhoog die gevaar van foute met erge nagevolge 1 000 X. Die koste maak die kool nie die sous werd nie en die tydsverloop vir oprigting is erg lank. Matashe sal al geskiedenis wees dan is die stasie nog nie klaar nie, maar hy wil in beheer bly as Marxis om te tap uit krane wat aanhoudend sal lek.

kragaap ·

Kernkrag is gevaarlik in die hande van mense wat nie ‘n rioolaanleg effektief kan bedryf nie.

Dawid ·

Goeie oplossing vir beurtkrag, ..as daar net 40% Krag was vir die maand kry eskom werkers en bestuur saam die klomp ministers net 40% salaris

Papsak ·

Ek die hele klomp van anc kan maar na die witman luister en hulle tassies pak en gaan ek stem

minnie muis ·

dit kom daarvan as jy terroriste organisasie wat anc was , se ak vat en hul n pen in hand stop …..

Michiel Pieter ·

Kernkrag is die toekoms, maar nie met outydse kernkragopwekkeres soos Koeberg nie. Modulere opwekkers is die antwoord en kan vinnig opgerig word (so-iets soos drie tot vyf jaar). Selfs die aandryfmiddels kan verander word, soos om eerder Thorium te gebruik. Windkrag, sonkrag ensomeer is tydelike hulp. Steenkool as verhittingsbron moet gestop word. Die ander is veilig en standhoudend en ons in SA het die kenners om sulke elektrisiteit op te wek, al is dit ‘n paar jaatr vorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.