Manuel se uitsprake oor regering ongegrond – ANC

Trevor Manuel. Foto: Karen Sandison/ANA

Die ANC het sy misnoeë uitgespreek oor opmerkings wat Trevor Manuel, die voormalige minister van finansies, Donderdag tydens ʼn webinaarbespreking deur die Katolieke parlementêre skakelkantoor en die Hanns Seidel-stigting oor die party gemaak het. Manuel het tydens die bespreking gesê die afgelope 30 jaar wat die ANC aan bewind is, is drie dekades wat “vermors” is.

Luidens ʼn verklaring wat deur die ANC uitgereik is, impliseer Manuel in sy opmerkings dat Suid-Afrika se uitdagings van armoede, werkloosheid en ongelykheid veral sedert 1994 opgevlam het.

“Terwyl die ANC Manuel se reg op vryheid van spraak respekteer, glo ons dat daar is geen rede hoegenaamd om ʼn verdoemende beeld van die land aan die media en die wêreld daarbuite uit te stuur nie,” sê Pule Mabe, die nasionale woordvoerder van die ANC.

Mabe sê sedert 1994 het die mense van Suid-Afrika die ANC-regering vertrou om die ekonomie te transformeer en ʼn beter lewe vir landsburgers te skep. Hy sê dit was sedertdien die party se doelwit om mense te laat deel in die land se rykdom en om die ekonomiese magsbalans te laat kantel ten gunste van alle Suid-Afrikaners.

“Sedertdien het Suid-Afrikaners se lewensgehalte beduidend verbeter. Ons het byvoorbeeld toegang tot skoon drinkwater, behuising, onderwys, maatskaplike sekerheid en ʼn verbeterde gehalte van gesondheidsorgdienste vir die meeste Suid-Afrikaners bevorder. Ons het ook die geletterdheidsvlakke van Suid-Afrikaners verhoog,” sê Mabe.

Mabe sê die ANC is bewus van die ekonomiese probleme wat wel in die land kop uitsteek, maar die regering het reeds stappe begin doen om hierdie probleme aan te pak.

“Die ANC sal voortgaan om konkrete stappe te doen om in te gryp en die land se ekonomie te versterk, grondhervorming te versnel, ongelykheid te verminder, werkverskaffing te verbeter, vertroue in die bestuur van fiskale hulpbronne te herstel en volksvertroue te bou in ons vermoë om Suid-Afrika se ekonomie te stabiliseer en te transformeer.”

Mabe sê hulle moedig Suid-Afrikaners aan om eerder saam met die regering te werk en oplossings te vind vir die land se ekonomiese probleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Fedup ·

Trevor, i think pule is upset with you. The curcis DO NOT want to hear the truth about their corrupt incompetence and feckless behaviour.
Dumb is not stupid.
Now they won’t be friends with you anymore. Shame.

Drico ·

Stadig maar seker begin die gepeupel se oë oopgaan om die ANC se werklike kleure raak te sien. Ek sien nêrens vooruitgang vir enige Suid Afrikaner nie, net agteruitgang!

Simon ·

Sedert Republiek- wording (1960 tot ANC bewind bietjie meer as 30 jaar) tot 1994 is SA opgebou tot ‘n land waarop die meeste westerse lande jaloers was. Die ANC het sedert 1994 tot nou (bietjie minder as 30 jaar) afgebreek en tersefdertyd korrupsie ‘n oop hand gegee. ‘n Land waarop die res van Afrika en die kommunis nou baie trots is. Hiedie land is op die oomblik soos ‘n skip sonder ‘n kaptein en een waarop alle bemanning partytjie hou en nie die gevaar sien aankom nie. Hierdie skip is besig om op die rotse te loop, middel deur te knak en sy swart olie op die onberispelike skoon wit stand uit te mors!

Jaco ·

Dit verbaas my nie dat die ANC hom ignoreer nie. Hy is ‘n ANC-veteraan, so hy is uit alle rade, liggame ens waar hy nog invloed kon hê en verandering kon bring. Tweedens, sy velkleur is “verkeerd”. Not black enough. Daars TALLE sulke gevalle waar kleurlinge werk soek en dan daardie “not black enough” verskoning moet hoor. Tragies, maar nie net wit mense ly onder die rassisme van die ANC nie.

Mariana ·

Het daai Pule iets gerook of bly hy dalk in ‘n ander land. Hy lewe beslis met oogklappe aan want die land is besig om ineen te stort en so ook sy mense. Misdaad is iets so alledaags soos koffie drink en ja vir sommiges het dit beter geraak maar vir ander is hulle omstandighede haaglik. So nee Pule net omdat jy ‘n astronomiese salaris verdien, medies, behuising, borde vol kos en die lekker lewe, is “our people” steeds besig om te krepeer en van hulle sê ook hulle lewens was voor ’94 baie beter.

Manda ·

Give that man a Bells – ek dink baie lede is ontgogel deur die regerende party se oovermoëe om die land te regeer.

Marius ·

Mnr . Mabe , ek is nie seker van watter SA jy praat nie maar dit is beslis nie die een waarin ek bly nie .
Hier val alles uitmekaar uit van skole , gesondheid , die regering self tronke ens . Noem maar al die staats entiteite op en kyk hoe hulle val . Die waarheid sny diep ne Mnr Mabe ? Well said Mr Manuel .

Persheks Adri ·

Die waarheid maak seer ne! Julle ANC kaders het klaar die land op geneuk en bly korrup, rassisme ruk hand uit, GEEN blankes kry werk nie, moord en dood en die lys gaan aan. Julle is ‘n grap! Probeer seker stemme werf

#Tsek!!!

Cornel ·

Watter regdenkende mens wil op ‘n “sinking ship” bly? Ek kan net vir die ANC sê…..”liar liar – your pants are on fire!!!”

daniel ·

En het die ANC nie die ekonomie getransformeer nie!! Van sterk na hopeloos swak a.g.v korrupsie.

Porseleintjie ·

Mabe…in watter SA bly jy? Beter lewensomstandighede. So by my kool. Vee die stront uit jou oë uit. Dalk is daar fout met jou reuksintuig ook. Ry enige plek in ons eens gesonde land en jy ruik net sewerage. Magsbalans het gekantel, maar net in ‘n kommunistiese regering se guns. Lewensgehalte het verbeter. Gaan tel die plakkerskampe. Hvl van jou eie mense ly honger? Vereiste matriekslaagsyfer so laag dat die sertifikaat nie oorsee erken word nie. Bewus van ekonomiese probleme wat kop uitsteek?? Net in jou droomwêreld wat jy vir jouself geskep het was daar groei. Die eier het lankal uitgebroei Mabe. En jan publiek is nie die uilskuiken wat terugstaar in die spieël nie. In kort. As jy wil praat, praat sense. Andersins luister na Trevor. Daar hoor jy die waarheid.

Nie Verbaas ·

Wel ANC, Trevor is in die kol. Julle is net nie geseend genoeg om agter te kom dat julle n totale mislukking is nie. Sal ons begin om feite op te noem?

Jannie van Niekerk ·

Tipies. Iemand praat die waarheid dan word die African National Corruption kwaad…

Misky ·

Wonder wat betaal die ANC die Mabe karakter om so te lieg!!!!

Anoniem ·

Onder watse klip woon hierdie Mabe, dalk moet die ANC ophou leuens vertel en vir hulle mense lieg!

Remlut ·

Punt vir punt: Skoon drinkwater (vuil riool water), behuising (squatters), onderwys (30% slaag syfer), maatskaplike sekerheid (die woorde bestaan nie), verbeterde gesondheid dienste (vuil verrinneweerde hospitale en geen sorg), geletterdheid vlakke verhoog (verlaag na 30% slaag syfer. LIEG OOP OE.
VOETSEK ANC

Niklaas ·

Versigtig wees , Manuel. Dis dinge wat menigtes weet , maar nie uitbasyn moet word nie. Die ANC mag dalks anders dink oor jou bewerings en dis dalks nie wys om hul , jou bondgenote , as jou vyande te hê nie.

Carina ·

Pule Mabe, Manuel het maar net gesê wag alle regdenkende mense in SA weet en self dink. Moet my nou nie laat opgooi met jou belaglike stellings van vooruitgang nie. Die enigste vooruitgang was die salarisse in die ANC kaders se sakke! Duidelik bly jy nie in dieselfde SA as ek nie.
Die land het 11 offisiële tale, maar ek ken ‘n 12de een, net jammer ek kan dit nie hier skryf wat ek wil sê nie!

JohanR ·

Lyk my Manuel het uiteindelik wakker geword met die ANC, maar dit het hom 26 jaar geneem. Jy is alytd reg by die ANC totdat die dag dat jy hulle kritiseer dan is hulle klaar met jou . Ou Trevor jy moet/moes soos Carl Niehaus wees, en net heel dag ANC agterwereld lek!

Chris ·

O, nê Mnr Manuel. Waar val jy nou uit. Jy en jou vriendin Me Ramos het nou jul pensioene en alles in plek vir lekker aftrede eendag by die huisie by die see. Die mense verstaan nie die ANC nie. Dit staan vir African National Congress, nie vir Coulered/Whites/Indian National Congress nie. Julle is gebruik as pionne.

Jakes ·

Ten minste praat Manuel die waarheid. Mabe leef nes sy party in n droomwereld en as hy meen dat die ANC die land goed bestuur dan weet ek nie hoe lyk n land wat sleg bestuur is nie. VOETSEK Mabe

Sarel ·

Die Regering is die grootste ekonomiese probleem en van watter Suid,- Afrikaners praat hy. Indien jy nie asn die ANC gelink is nie beteken jy niks vir die regering nie.

Hercules ·

Mabe woon defnitief op ‘n ander planeet, want ek sien en hoor net korrupsie, diefstal van miljarde rande, geen dienslewering nie, plaasmoorde en verkragting statistieke wat die hoogte inskiet!!

Jackie ·

Niemand so blind soos die wat nie wil sien en niemand so doof soos die wat nie wil hoor nie. Eish! Apartheid is the cause of all evil.

TO ·

Wow iemand met bietjie verstand al die baaaaie minder. Ja als vermors

Stebastiaan ·

Skoon drink water met riool in feitlik elke rivier, krag probleme, korrupsie word wakker mabe, luk my jy het oogklappe aan!!!!

Robert Sydney ·

Hierdie ANC woordvoerders het regtig baie verbeelding. Lyk of hulle in “Never Never land” woon.

Chris ·

Ja Trevor maar onthou jy was deel van daai dekades maar dit seker nie sleg as jy dit nou raaksien en sinvol kommentaar lewer net jammer als te laat jou anc maatjies breek alles af en hulle gaan nie weer laat jy saamspeel nie. Shame!!

Carel Johannes ·

Die ANC is polities en andersins die mees patetiese, onbeholpe, selfbejammerde in hulself onbemagtigde kermde organisasie in die land. Hulle ken net een term in Afrikaans en dit is “APARTHEID” -Hulle totale mislukking is daaraan toe te skryf.

Dries ·

Ja nee Trevor hoe durf jy! Die ANC het die afgelope 30 jaar baie dorpe en strate se name verander, en standbeelde opgerig, om die onregte van apartheid weg te maak. Wat meer wil jy dan nou nog van hulle he?

Veronika ·

Manuel is doodreg!!! Maar niemand mag mos die waarheid oor die ANC praat nie…..

Albert Willem ·

Manuel weet waarvan hy praat, hy was nie verniet minister van finansies nie

Susan ·

Bly hierdie Mabe in dieselfde Suid Afrika as ons??? Klink nie vir my so nie!!

Blomme ·

Geletterdheidsvlakke verhoog? Is die man geletterd en in SA? As daar verhoging van geletterdheidsvlakke in ons onderwys stelsel is…. Dan weet ek nie hoe lyk hoë standaarde en kwaliteite nie… Gutter education klink mooier… leerders wat met 30% slaag.. Laat my wonder waar die verhoging van geletterdheid lê. Korrupte regerende party.. Mxm!

Moedeloos ·

ANC luister nie na hul eie mense se sieninge nie of altans hul wil nie die waarheid hoor nie. Het altyd verskonings van een of ander aard en hierdie verskonings vererger nog alles. Niks is inplek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.