Mapisa-Nqakula gaan op spesiale verlof  

Nosiviwe Mapisa-Nqakula (Foto: Parlement/Facebook)

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, het besluit om met onmiddellike inwerkingtreding op spesiale verlof te gaan te midde van die bewerings van korrupsie teen haar.

Mapisa-Nqakula het egter berigte dat sy haarself aan die polisie gaan oorgee ontken en gesê nie sy of haar regspan het enige amptelike kennisgewing van ʼn inhegtenisnemingsbevel of kommunikasie in dié verband ontvang nie. “My prokureurs het egter die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) proaktief in kennis gestel van my gereedheid om te voldoen en saam te werk indien die behoefte ontstaan.”

Sy sê sy het die grootste respek vir die land se wetgewende stelsel en wil om dié rede haar bereidwilligheid te kenne gee om ten volle met wetstoepassingsagentskappe saam te werk oor enige aangeleentheid wat mag opduik.

“Gegewe die erns van die bewerings en die gepaardgaande uitgebreide mediaspekulasie, het ek besluit om spesiale verlof van my posisie as speaker van die Nasionale Vergadering te neem, wat onmiddellik van krag is. Hierdie besluit is aan die sekretaris van die parlement en aan die president in sy hoedanigheid as staatshoof oorgedra.”

Volgens Mapisa-Nqakula het die besluit ten doel om die integriteit, “heilige plig” en naam van die parlement te beskerm. Sy sal weens haar besluit ook nie meer die parlement se afvaardiging lei na die beplande 148ste sitting van die Inter-Parlementêre-Unie (IPU) se algemene vergadering aan die einde van die maand in Genève, Switserland, nie.

Mapisa-Nqakula se besluit om op spesiale verlof te gaan is ook aan die ANC gekommunikeer. Dié het gesê hy neem kennis en sal sy integriteit- en opsystaan-beleid toepas op grond van die feite en soos dit aan die lig kom.

Lede van die NVG se ondersoekdirektoraat het Dinsdag ʼn klopjag op Mapisa-Nqakula se huis in Johannesburg uitgevoer te midde van verdoemende bewerings van korrupsie.

Die speaker word daarvan beskuldig dat sy in haar tyd as minister van verdediging en militêre veterane R2,3 miljoen se omkoopgeld in die vorm van sogenaamde geskenkpakkies van ʼn diensverskaffer van die weermag aanvaar het.

Die bewerings word ook deur die parlement se etiekkomitee ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Casper ·

Die rede vir die klopjag dra seker in ‘n mate gewig,aangesien sy as minister van verdediging onder verdenling was oor die korrupsie.Nou is die opsystaan reël van toepassing maar nie met vele ander politici wat tydens die staatskaping verhoor geimpliseer is nie.

Griesel ·

Nog ‘n taakspan om 5 jaar ondersoek in te stel terwyl sy nog vol salaris kry. Niks te kry nie en sy al klaar ‘n ander ‘cushy’ werk gekry het. Jis, maar dis lekker.

Dup ·

Die tannie,tesame met haar kader kollegas,lag vir ons.Hulle sal voortgaan om in weelde te lewe tot in lengte van dae.

Aai ·

So hoekom moet sy nou ‘n brief ontvang dat sy gearresteer gaan word dit werk nie so vir alleman ons word nie gewaarsku?

Marous ·

Wat se spesiale verlof ? Sy moet geskors word sonder betaling en gaan sit. Hierdie toesmeerdery beter stop . Die land se mense is keelvol verby vir die twak !

Anel ·

Spesiale verlof?? Wat is dit!!! Pleks hulle haar summier afdank! Was daar nie op ‘n stadium teenkanting teen haar aanstelling nie??? Skelms, almal, deur en deur. Word net elke keer in ‘n hoër pos aangestel! Geen skaamte en geen integriteit nie!! En dan spog ramas met die vooruitgang die afgelope 30 jaar!!! Ai, ai, ai!!!

KB ·

ʼn Geslepe krimineel sal nooit skuld erken nie, veral as jy maatjies hoër op het nie. Dis tyd dat alle mense (veral Afrika) verantwoordelikheid begin vat.

Wondermaarnet ·

Sy moet afgedank word, maar weer eens word ‘n kader beskerm en trek sy finansiële voordeel en gaan met spesiale verlof. Dit maak my naar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Maar sy sou glo gister na Switzerland vertrek om te help met vrede in Oekraïne.

Vrijburger ·

Hierdie is bloot ‘window dressing’ om die illusie te skep dat die ANC teen korrupsie optree. Mapisa-Nqakula ook net ‘n sondebok. Natuulik net voor die verkiesing.

Casper ·

Aai,sy bedoel seker ‘n lasbrief maar sy was nog nie formeel aangekla nie,en dan eers reik die DOV ‘n lasbrief vir inhegtenisname uit.Die staat moet eers bo redelike twyfel prima facie bewyse voorlë dat vervolging suksesvol sal wees.

Republikein in die Wes Kaap ·

Aai, sy beskryf haarself as ‘n senior persoon en dat aanhouding haar gesondheid sal benadeel.

hpven ·

As belastingbetaler teken ek beswaar aan dat sy of enige amptenaar en/of kader met volle of enige vergoeding geskors word. Ek dring ook aan dat normale volle gang van die wet ook op diesulkes van toepassing is. Dit beteken, inhegtenisname borgaansoek ens…

Boatsie ·

Waar gaan regverdigheid en geregtigheid heen.
Gesonde verstand sê skors die skelm sonder betaling, want nou sit sy lekker by die huis of dalk op vakansie en kry steeds ‘n helse salaris.

domheks ·

Die aunty sal niks oorkom nie! Sy sal salaris trek tot cANCer uitgestem word. Hoop dit gebeur spoedig.

JohanR ·

Kry sy nog haar vet maandelike salaris terwyl sy op “spesiale verlof” is? Hei dis lekker op die sous trein!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.