Mashatile se segsman van seksuele teistering beskuldig  

Adjunkpres. Paul Mashatile. (Foto: GCIS)

Adj.pres. Paul Mashatile het ontken dat hy sy woordvoerder beskerm te midde van ʼn ondersoek teen laasgenoemde oor beweerde seksuele teistering.

Sunday World het Sondag berig dat Mashatile en Mduduzi Mbada, personeelhoof in die adjunkpresident se kantoor, katvoet loop rakende die bewerings teen Vukani Mde, Mashatile se woordvoerder.

Mbada het egter teruggekap en gesê dié bewerings is vals. Volgens Mbada is Mashatile ingelig dat ʼn brief van voorneme om Mde te skors in die lig van die bewerings wat teen hom gemaak is, uitgereik en per hand aan Mde oorhandig is.

“Die adjunkpresident is bewus daarvan dat daar ʼn proses in die presidensie aan die gang is om die aantygings te ondersoek wat deur ʼn senior werknemer in die kantoor teen Mde gemaak is, en hy is van mening dat alle behoorlike prosesse nagekom moet word.”

Mashatile veroordeel enige vorm van geslagsgeweld, veral teen vroue, en hy glo ook dat alle werknemers teen enige vorm van viktimisasie beskerm moet word, het sy kantoor gesê.

“Die adjunkpresident se kantoor wil die versekering gee dat die saak die nodige aandag kry wat dit verdien en dat die vordering daarvan mettertyd bekend gemaak sal word.”

Volgens die Sunday World se berig het die senior vrouepersoneellid reeds in Augustus gekla oor Mde se beweerde ongevraagde seksuele toenadering tot haar.

ʼn Ondersoeker het glo prima facie-bewyse van seksuele teistering gevind en aanbeveel dat Mde onmiddellik aan ʼn dissiplinêre verhoor onderwerp word.

Die beweerde seksuele teisteringsvoorvalle het tussen April en Julie verlede jaar plaasgevind. Volgens die berig het Mde “sy mag misbruik” en die vrou se werkservaring ondraaglik gemaak toe sy beweerde toenaderings nie suksesvol was nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Frank ·

Reeds Augustus gekla maar brief van VOORNEME om te skors nou eers uitgereik na dit aan lig gekom het en dan se die knaap hy verorodeel geslagsgeweld en glo werknemers moet beskerm word. Lieg soos tandetrekker as jy my vra.

KB ·

Die ANC-donkiekar se wiele val nou af.
Enige mens met ʼn IK bo 80, sien hulle vir wat hulle regtig is!

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Tyd dat verpligte een voltydse jaar militêre opleiding onverwyld moet geld vir alle seuns direk na voltooiing van hul skoolloopbaan. En een verpligte voltydse jaar van militêre opleiding en gemeenskapsdiens vir alle dogters direk na voltooiing van hul skoolloopbaan. Alle seuns en dogters moet die opleiding ondergaan alvorens hulle 20 is.

latie ·

ANC sal nooit die regte ene vat nie vat net die skelms van geskiednis het

Aggie ·

Nou sal die ondersoek seker weer jare duur. Sulke skorsings van politici en senior beamptes moet absolute voorkeur geniet en voorkeur ondersoekwerk moet gedoen word. En dit geld ook vir die adj pez.

JohanR ·

Deny, deny, deny, delay, delay, delay the Jacob Zuma way. Dis verby vir die land as die ou ooit president word.

efjy ·

Wat moet ‘n mens van ons ministers en hul personeel dink. Hoe kan hulle verwag om respek van die publiek te verwag?

Andre ·

…kyk hoe vinnig skop die kader- beskerming in!
Vergeet maar van vervolging!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.