Mbalula ervaar frustrasies van spoorwegstelsel eerstehands

Fikile Mbalula, minister van vervoer, Dinsdag by die Chris Hani-treinstasie. (Foto: Phando Jikelo, ANA)

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het Dinsdag gesê die provinsiale regering is teleurgesteld nadat Fikile Mbalula, minister van vervoer, tydens sy besoek aan Kaapstad nie die provinsiale leierskap betrek het nie.

Mbalula het vanoggend eerstehands die frustrasie van Kaapse pendelaars beleef toe sy trein tydens sy besoek aan die stad se spoorwegstelsel vertraag is.

Die minister het op die ou end die trein agtergelaat en op een van die Passasierspooragentskap in Suid-Afrika (Prasa) se busse gespring om sy beplande roete vir die dag te voltooi.

Mbalula was veronderstel om per trein vanaf die Chris Hani-treinstasie in Khayelitsha na die Langa-treinstasie te reis, maar kon egter nie die reis voltooi nie weens ’n voorval by die Nyanga-treinstasie.

“Die treinstelsel in die Wes-Kaap is heeltemal disfunksioneel en ek dink dit is belangrik dat minister Mbalula eerstehands ervaar wat mense elke dag moet deurgaan.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, Dinsdag by die Chris Hani-treinstasie. (Foto: Phando Jikelo, ANA)

“Mbalula sal egter terugkeer en in sy ministeriële voertuig rondgery word, terwyl pendelaars vanmiddag, more en in die nabye toekoms waarskynlik weer soortgelyke vertragings sal ervaar. Dit is vir ons nodig dat Mbalula sy handelsmerkkrag gebruik om hierdie probleem dringend op te los,” het Winde in ’n verklaring gesê.

Die premier het wel gesê dat die provinsiale regering tevrede is met die feit dat Mbalula Wes-Kaapse inwoners se bekommernisse ernstig opneem en die stad se spoorwegstelsel ondersoek.

“Ons verwelkom Mbalula se kommentaar dat hy Prasa wil stabiliseer en maniere wil ondersoek om treine veiliger te maak. Die provinsiale regering is egter net teleurgesteld dat hy ons nie wil betrek nie.

“Dit is noodsaaklik om vennootskappe oor alle regeringsfere te bou om doeltreffende dienslewering te verseker, en soos Mbalula korrek daarop gewys het, het die probleme met die spoorwegstelsel ’n impak op ons provinsie se armstes,” het Winde bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dries du Toit ·

Lekker gemaklik vir hom. Dit is al wat saak maak. Hy het nou mooi gewys hoe los jy dit op as die trein tot stilstand kom. Dan spring jy af en klim op n bus

chris ·

Dit wemel van die gewapende lyfwagte om hom, terwyl die belastingbetalers uitgelewer is aan die bendes.

Johanna Botha ·

Die man is n joke …waar het dit al reggeloop waar hy was …..WAAR ?

Gert van Wierdapark ·

As nuwe mini-ster van Vervoer sal hy sy ministerie en department se ratte geolie moet kry, sodat daar vir n slag aan die probleme gewerk kan word! Minder praat en meer doen moet die leuse wees (nie die/’n keuse nie).

Chris ·

Dan drom die Press en auntie Zuma van n hoe spied trein van due Kaap tot in Limpopo binne twee ure. Vir die afgelope 25 jaar kon daar nie eers n volhoubare slakkepad trein stelsel tussen Kayalitsha en Kaapstad stasie bedryf word nie. Wie moet die pendelaars bedank vir die huidige sneldiens net die korruptenaare

Cornelia Steyn ·

En as die “pendelaars” treine het, BRAND HULLE DIT!!! Ons land gee en gee net!

George in Bloem ·

Fikile wou maar net bevestig dat die ANC se “gravy train” darem baie lekkerder ry as die “people” se gewone trein. Of hoe comrade?

schalk ·

Ja Mabula n klein hondjie se oe gaan op agt dae oop.Yes MABULA a puppy dogs eyes open on the eigth day. Politicians eyes stays closed because they sucking the people dry.This must be a huge revelation to you.Congratulations have a perty.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.