Mbalula vies oor berigte dat Prasa-hoof ‘te oud’ is

Zolani Matthews, Prasa se nuwe uitvoerende hoof. (Foto: Prasa)

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het berigte gekap dat die nuut aangestelde hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), te oud vir die werk is.

Zolani Matthews kwalifiseer volgens die berig nie vir die aanstelling nie omdat hy 64 jaar oud is. Prasa se beleid bepaal dat werkers by die agentskap op 63 moet aftree.

“Dit is ʼn ongegronde fabrisering wat wyd op sosialemediaplatforms versprei word,” het Mbalula Vrydagaand uitgevaar.

Die minister sê nadat die kabinet ʼn aanstelling goedkeur, moet die raad verseker ʼn behoorlike aanstellingsproses is gevolg. Dit sluit in die versekering dat daar aan Prasa se beleid voldoen is, die ondertekening van ʼn dienskontrak en prestasieooreenkoms en die verklaring van finansiële belange.

“Om ooreenkomste te tref met die geval van Cromet Molepo, is ʼn duidelike demonstrasie van soeke na sensasie. Daar is bevind Molepo was oneerlik, dat hy twee ID’s gehad het. Die raad het bevind sy gedrag strook ook nie met Prasa se waardes nie,” sê Mbalula.

GroundUp het in 2018 berig Molepo is in die ouderdom van 62 teen advies steeds by Prasa bevorder en moes na net 73 dae in die pos aftree.

Prasa het ook teruggekap en gesê hy is onthuts deur berigte dat Matthews se aanstelling ʼn oortreding van Prasa se beleid is.

“Sulke berigte is ten beste oningelig en in die ergste geval kwaadwillig.”

Prasa sê die voorsitter van sy raad sal Maandag meer inligting bekend maak oor die proses wat gevolg is om Matthews aan te stel.

“Die proses was bo verdenking en is gelei deur die tersaaklike beleid wat vir Prasa geld.”

Die aftreeouderom van 63 is in ooreenstemming met die beleid van Prasa se voorsorgfonds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kokerboom ·

En ons moet al die repeterende twak glo! Ons is lankal nie onnosel soos die kaders lyk nie. Ons mag skape wees in hul oë maar ons is ou skape!!

Dup ·

Hierdie mense word aangestel om politieke opdragte uit te voer.
Prasa word vernietig om pendelaars te forseer om van taxis gebruik te maak.
Daarom word die busdienste ook gereeld geteiken.Die taxi mafia in SA is veel erger as die ou Italiaanse mafia. Kom ons kyk of daar enige verbetering by Prasa gaan wees.

Johanna ·

Ek moet sê die nuwe PRASA hoof het n goeie indruk op my gemaak. Hy kom intelegent en opgevoed voor.. Hy is ook n goeie spreker. .

Zombie ·

Om intelegent (sic) voor te kom is een ding, om werklik intelligent te wees en op te tree, is iets heeltemal anders. Dis maar net my mening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.