Mboweni: ‘Dit sal moeilik wees om SAL te verkoop’

Tito Mboweni. Foto: Elmond Jioyane/GCIS

Tito Mboweni, minister van finansies, het gesê dit sal moeilik wees om ʼn private ekwiteitsvennoot vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te vind.

“Ek twyfel of mens ʼn kandidaat sal kry om in te kom,” het Mboweni Donderdag aan ʼn gesamentlike sitting van die parlement se finanskomitees gesê. Hy het bygevoeg dat die lugdiens se skuldlas van R21 miljard beleggers sal afskrik.

Volgens Mboweni word SAL nie deur die meerderheid van Suid-Afrika se werkersklas gebruik nie en het hy aan LP’s gevra of dit nie beter sal wees om staatsfinansiering na treine en ander vervoermiddels te kanaliseer nie.

Die minister het soos in sy mediumtermynbegrotingstoespraak weer die voorbeeld van Swissair in Switserland herhaal. Swissair is in 2002 gesluit nadat die regering dit vir jare finansier het.

“Swissair het misluk en dit is gesluit. Hulle het dit gesluit want hulle het nie geweet hoe om dit te bestuur nie.”

Volgens Mboweni kan SAL se probleme deels toegeskryf word aan kontrakte waar verskaffers opgedrewe pryse hef.

“Ek sê nie ons moet dit [SAL] onmiddellik sluit nie, maar ek sê net ons moet mooi daaroor dink.”

Mboweni het Woensdag tydens sy mediumtermynbegrotingsraamwerk aangekondig dat SAL ʼn bykomende R5 miljard sal kry om sy skuld te betaal.

SAL het in die vorige boekjaar ʼn verlies van meer as R5,5 miljard aangeteken.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Francois Joubert ·

Ietwag hoog. Netnou slaan hulle die die bod op jou toe. ??

B ·

Die probleem is dat vir R1 kry jy R22 Miljard rand se skuld, geen noemenswaardige bates (want meeste vliegtuie word gebruik-huur), en ‘n org oorlaai en topswaar met kaders en BEE ‘vermoens’.

Die tyd/parkeer gleuwe by internasionale lughawens mag dalk iets werd wees, maar van dit is ook al reeds verkwansel

HPV ·

Dink ook die bod is te hoog, sal in elk geval die enigste bod wees en dan sit jy met die gebakte pere, onthou as jy ‘n besigheid koop is jy wetlik verplig om die werknemers ook oor te neem. Ek glo nie jy wil hulle saam sleep nie…he-he-

Maraai ·

Sluit SAL en kry klaar. Daar is ander lugrederye wat weet om hul besigheid te Bestuur. Dit gaan alreeds so sleg met die ekonomie. Hoekom moet belasting betalers se gelde nog verder gemors word

Huh? ·

So, eintlik se onse slim minister v finansies: ons gaan hierdie R5milj in die drein afgooi. Ons almal weet daar sal weer ‘n verlies wees, netso groot of groter, maar kom ons gooi maar in elk geval die geld in die drein af. Die belastingbetaler sal wel weer betaal. Die gans lê nog eiers. Intussen skiet die skuld v SAL die hoogte in met rente wat gehef word. Dit gaan nou al hoeveel jare so aan, en die SAL is nie die engiste nie. Die regering se briljante sakereddingsplan is om belastinggeld verder in die drein af te gooi. Hoe rasioneel is die besluit om die SAL oop te hou? Waar is die DA nou – julle kan mos die rasionailteit hiervan gaan bevraagteken in die hof? Of is dit in jul belang ook om die geld agter ‘n dooie donkie aan te gooi?

bgj van der westhuizen ·

wel stem saam verkoop wat kan verkoop word en sluit dit sal /of soos nou saa kan nie bestuur word reg nie wand die verkeerde mense is in bestuur en hulle het te veel personeel ek stem saam met om sit die geld eerder in triene wat die werkerklas gebruik

Loun ·

Onthou daar is nog net n week oor vir belasting om ingehandig te word…..vir wat hoef ons nie te vra nie né………?

Grassie ·

Geen regdenkende instansie sal eers daaraan dink om die SAL te koop nie. Hulle sal weet dat daar baie BEE voorskrifte sal wees. Dit beteken nuwe eienaars maar nog steeds dieselfde ou gesigte in senior posisies, ‘n seker resep vir mislukking. Die enigste uitweg is om die spul bankrot te verklaar (wat hulle reeds lankal is) en hulle te likwideer.

Poot ·

@Johanna Botha
Jou kommentaar verdien ook ‘n nobel prys. Priceless en epic kommentaar.
LOL!!!!!!

Hennie ·

En waar gaan daaardie R5m om SAL se skuld te betaal? Maak maar dubbel seker dit gaan nie in bestuur se sakke nie.

alida ·

SAL kan suksesvol wees indien die regering die HELE bestuur vervang met mense met integriteit en eerlik is. Ons weet almal waar die geld heengaan maar hulle bly geld in stop. ‘n Donkie stamp sy toon elke keer teen dieselfde klip maar leer nie daaruit nie.

Thinus ·

Sluit sommer die SABC, Eskom , Transnet en Prasa ook aangesien die ANC dit ook in hul moer in bestuur het. BEE, affermative action, so called transfirmation en cadre deployment is direk verantwoordelik vir die gemors wat die ANC aanvang. Maar steeds stem die sheeple vir hulle. Logika bestaan nie by hul volgelinge nie.

Ivan Atterbury ·

Hy twyfel of daar ñ koper sal wees ek twyfel of enige persoon met gesonde verstand SAL gratis met daardie skuldlas sou wil ontvang

marous ·

SAL staak . SAL korrup wees . SAL net soos die res van die land onbevoeg bly.

willem heitlager ·

take the highly paid top out amd look for a partner with same language

Elize ·

Kersfees is om die draai en is daar nou weer geld beskikbaar gestel om bonusse aan die “top bestuur” uit te betaal.

Lug'ver'vaart ·

SAL het letterlik van ‘n florerende lugredery gevlieg, tot by ‘n skuldverstrengelde mishoop. Viva cANCer, viva. Long live corruption, long live.

SjN ·

Scrap yster se prys nie te sleg op die stadium nie, verkoop of sluit die bodemlose put.

Schweinebraten ·

Al gee die staat dit verniet weg is dit nog steeds ‘n bargain. Dis bodemlose putte soos die SAL wat veroorsaak het dat die hele middelklas in die land so te sê uitgewis is.

pjk ·

Dit help nie alles is n gemors…….wat is daar wat werk????

alida ·

Ek stem soms saam dat die SAL verkoop moet word maar geen regdenkende mens met gesonde verstand sal een enkele sent betaal en/of bele in die SAL soos sake nou staan nie. Indien daar ‘n baie ryk entiteit van die buiteland is wat wel belang stel moet hy net die vliegtuie oorneem, sy eie werktuigkundiges, vlieeniers en personeel met die hand kom uitsoek ONGEAG hulle kleur. Dit alleen kan werk as daar ontslae geraak word van die huidige langvingers wat tans daar is. Ek weet daar is ook seker goeie mense in die SAL en wil nie almal diskrediteer nie maar ons weet almal wat aan die gang is oral. Ons mag dit net nie op die naam noem nie.

Johanna Botha ·

Ek sou nie aan saa raak met n paal nie …wat van nog met hulle vlieg !

Hennie ·

Skenk die aandele aan die bestuur en werkers. SASOL is ‘n voorbeeld. Kom ons kyk dan wat gebeur.

Chris Ws ·

Sluit die SAL en kry klaar VOOR die skuldlas verder groei en skrap daai R5 miljard se regeringshulp NOU!Ons het NIE die SAL nodig sou ons oorsee wou vlieg nie.Daar is baie beter lugrederye om dit mee te doen.

charmaine ·

Dit is so hartseer in die jare toe dit nog JAN SMUTS Lughawe was, was dit n maatskappy wat winste getoon het, as kind jy gedink dis net ryk en belangrike mense wat vlieg en dit was n maatskappy wat aansien en belangrikheid uitgestraal het. Maar nou is dit n ramp n geld gemors en n skande vir Suid-Afrika. Net soos al ons ander Departmente.

Snowball ·

Ja mens onthou met trots daai oranje stertvin met die vlieënde springbokkie.

waarheid ·

Net nog ‘n ‘suksesverhaal” vand die huidige regering.

Hendrik ·

Die GROOT probleem oral in die land vir feitlik alles is…”Affirmative Action”..

Jef ·

Dit is hartseer Charmaine, ek kan dit nog onthou toe ek saam met my ouers geland het in n DC9 op Jan Smuts lughawe vanuit Nederland met tussen stop Kinshasa.
Die springbok op die stertvleul was wereld bekend en ons land se trots en nou is daar niks meer oor nie.
Fotos is al wat ek nog oor het van die tyd toe SA n pragtige, veilige en vriendelike land was.

Ben ·

Die antwoord is maklik. Dit is nie winsgewend en was nog nooit en sal ook nie wees nie. Maak dit toe. Daar sal wel in die toekoms privaat oorsese maatskapy wees wat dit sal koop as gevolg van die Rand wisselkoers. Dit mag miskien nie vir die Rand winsgewend wees nie maar wel vir Euro, Pond, Dollar ens besighede.

christa ·

DIS BAIE BAIE GELD KOM ONS MENSE VAN SUID AFRIKA BID VIR ONS VADER DAT HY EERDER VIR DIE PRESIDENT EN PARLAMENTS LEDE INSIG EN VERSTAND KAN GEE OM ONS LAND REG TE KAN BESTUUR HELP NIE ANDER LANDE BID VIR ONS NIE EN ONS PRESIDENT EN IN PARLAMENT WEET NIE HOE OM ONS LAND TE BESTUUR NIE EK GAAN NIE VIR N ANDER LAND BID AS DIE PARLASMEN N IE VERSTAND HET NIE

christa ·

MET ANDER WOORDE ONBEVOEGDE MENSE DIS HOEKOM DIE LAND IN DIE GEMORS SIT JA EK BID ELKE LIEWE VIR ONS LAND SUID AFRIKA MAAR HULLE WAT DIT MOET BESTUUR KEN VAN REG BESTUUR NIE DIS HOEHOM AL DIE KORRUPSIE

Al ·

Die SAL se finansiele probleme moes dadelik aangespreek gewees het.
Saam met die lugdiens is ons belastinggeld besig om neer te stort.
Was daar maar net meer bevoegde amptenare..

Richard Branson? ·

Dalk sal Richard Branson belangstel? Virgin kan hul oorkoop en regruk. Dalk kan iemand in sy oor fluister:)

Alida ·

Ek het ook aan Branson gedink maar hy sal miskien die skuld oorvat maar verseker nie die bestuur en die personeel nie. Hy is te slim daarvoor. Hy sal n reuse sukses daarvan maak want hy het verstand.

hb ·

Ai. Ek het so baie vriende wat daar werk van vlieeniers tot tegnikuste. Sal n slegte dag wees as almal hulle werk verloor. Niemand dink daaraan ni. Klomp moangatte!!!!

Jeremia ·

“Fire” die regering en sluit Suid-Afrika.
Die rand is onderdeur omdat die land in die grond bestuur is.
Swak regering. Treurig.
Eers as daar ‘verstand’ in die regeringsgestoeltes is, kan daar verbetering intree.
Genoeg “horse sense/ common sense” sou al laaaaankal sake reg kon ruk in die land.
Maar hierdie land en sy bates is deurgetrek. Opgemors deur dwase.

Adam ·

Die voorstel van die minister het meriete en hy is reg as hy dink dat niemand in hulle sal belangstel nie. Die minister mis egter ‘n belangrike punt: Hoe kry ander lugrederye dit reg om winsgewend besigheid te bedryf? Die antwoord is net so eenvoudig; ONBEVOEGDE BESTUUR!!! Vir elke vliegtuig wat SAA in hul vloot het is daar gemiddeld ongeveer 800 personeellede terwyl elders in die wereld die syfer minder as 200 is. Dit is ongelukkkig die regering se skuld dat hulle die staatsdiens in ‘n werkskeppings-organisasie omskep het na 1994. Die ander SOE’s is gevolglik ook maar almal in dieselfde bootjie. Skande!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.