McBride sal buitelandse tak van staatsveiligheid lei

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Pres. Cyril Ramaphosa het die aanstelling van Robert McBride goedgekeur as die direkteur vir die buitelandse tak van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA).

Die president het die aanstelling goedgekeur kragtens artikel 8(1) van die Wet op Intelligensiedienste. McBride is vir ʼn periode van drie jaar aangestel vanaf 1 Julie 2020 tot 30 Junie 2023.

Ayanda Dlodlo, die minister van staatsveiligheid, het gesê McBride se aanstelling sal “organisatoriese stabiliteit” vir die agentskap beteken. “Die proses om die aanbevelings van die hoëvlakpaneel te implementeer op die SVA vorder stelselmatig en dié aanstelling is een van die kritieke stappe om die agentskap te herbou.”

McBride is die voormalige hoof van die Ekurhuleni-metropolisie en hy was later ook die hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod).

Dlodlo het McBride in sy nuwe pos verwelkom en hom alles van die beste toegewens vir sy ampstermyn. Sy het die president ook bedank dat hy die pos, wat al byna vier jaar lank vakant is, gevul het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Die karakter moes lankal gegaan het, maar Anc kyk na hulle mense wat kan split.

Jaco ·

Is sy ras “reg” vir die pos? Ek vra maar net, want baie van mcbride se mede kleurlinge kry nie werk nie en hoor dan “you are not black enough” of “ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël”. Ek suig dié goed nie uit my duim nie. Daars baie sulke gevalle.

Anel ·

Nou maak hulle een van die grootste terroriste hoof van so ‘n belangrike instelling. Maar niu ja, dit is die ANC vir jou.

Kokerboom ·

Die aanstelling laat meer vrae as antwoorde maar dis ANC norm. Dis ongelooflik hoe hul die substandard verhef tot die norm

Morné ·

Dit is hoe dit werk in die ANC, hoe groter die misdaad hoe hoër die amp en salaris. Ons noem dit terrorisme, die ANC noem dit ondervinding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.