Medihelp kry nuwe hoof

Ettie da Silva (Foto: Verskaf)

Die aanstelling van Ettie da Silva as Medihelp se nuwe hoof is Dinsdag aangekondig. Die aankondiging volg op die aftrede van die voormalige hoof, Heyn van Rooyen.

Da Silva het reeds op 1 Januarie die leisels as hoof van dié mediese skema oorgeneem.

Medihelp vier vanjaar sy 115de bestaansjaar. Da Silva sê Medihelp se sukses oor die jare as een van die top- selfgeadministreerde mediese skemas in die land, was vir haar ʼn groot trekpleister.

“Medihelp het ’n standvastige profiel gehandhaaf deur middel van uitstekende diens, verantwoordelike groeistrategieë en goeie korporatiewe bestuur,” sê sy.

Da Silva het meer as 30 jaar se ervaring in die regs- en gesondheidsektor. Sy het ’n BProc-graad (Unisa) asook ’n MBA (UP) en LLM-graad in Korporatiewe Reg (UP) behaal. Sy is ook ’n ICSA-gegradueerde en het ’n sertifikaat in gevorderde arbeidsreg (UP) voltooi. Sy het vir 17 jaar in die regspraktyk gewerk voordat sy die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgsektor betree het.

Sy het in Augustus 2016 by ARC Health aangesluit as direkteur van regsdienste waar sy tot op hede as uitvoerende hoof by Rx Health gedien het.

“Ek sien uit daarna om die beste belange van Medihelp se lede te dien. Ons lede, soos die meeste Suid-Afrikaners, moet reeds vele uitdagings trotseer en dit is ons plig om te sorg dat hulle waarde vir hul geld ontvang,” het Da Silva gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerda ·

Ek smeek U, moet asseblief nie die maandelikse paaiment opstoot nie. Ek en my ma sukkel alreeds soos dit huidiglik gaan.

medihelp vir wie? ·

Ook maar soos al die ander mediese fondse. So baie opsies maar die voordele waarvoor jy inskryf is binne ses maande klaar en moet jy “top up” voordele koop.

Wonder hoe lyk hulle administratiewe kostes en personeel kostes?

Km ·

Ons is net twee ledemet die laagste pakket. Ons ledegeld styg hierdie jaar met R 600.00 per maand, met verminderende voordele. Waar gaan dit eindig. Dalk maak hulle bymekaar vir dit wat voorlê.

Mariette ·

Mooi. Dalk sal hulle my nou opneem in die hospitaal want deesdae kan mediese fondse oor ‘n dokter se professionele opinie besluit of jy “dood” genoeg is om opgeneem te word..

Hanno ·

Met of sonder die NGV is mediese fondse se dae getel. Betaal elke jaar meer en meer vir minder en minder voordele. Dis mos nie standhoudend nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.