Medupi-ontploffing kon ‘veel erger’ gewees het

Die eenheid na die ontploffing. (Foto: Chris Yelland/Twitter)

Sommige kenners sê die skade wat tydens die afgelope naweek se ontploffing by Medupi se eenheid 4 aangerig is, kan miljarde rande beloop. Dit kan tot twee jaar duur – indien nie langer nie – om te herstel.

Minstens sewe mense is beseer toe die ontploffing Sondag omstreeks 22:50 by die kragsentrale, in die omgewing van Ellisras in Limpopo, plaasgevind het. Die skudding weens die ontploffing is tot in Bela-Bela (voorheen Warmbad) gevoel.

Werkers was besig met ʼn proses om waterstof, wat gebruik word as verkoelingsmedium, uit die verkoelingstelsel te pers. Tydens die proses word koolstofdioksied (CO²) gebruik om die waterstof uit te druk en die koolstofdioksied word dan weer met suurstof vervang.

Dit is grootskaalse instandhoudingswerk wat glo van stapel gestuur is nadat probleme met die opwekkingsgedeelte van die eenheid ondervind is. ʼn Sekere druk moet deurlopend gehandhaaf word sodat verkoeling kan plaasvind, maar dié druk het glo bly val. Ná ʼn mislukte soektog na die fout, is begin met die proses om die waterstof uit te pers.

Daar was glo steeds waterstof in die stelsel toe suurstof ingepomp is – ʼn uiters gevaarlike kombinasie wat vermoedelik tot die ontploffing gelei het.

Deon Reyneke, adjunkbestuurshoof van arbeidsverhoudinge by Solidariteit, sê ʼn standaardprosedure moet in sulke gevalle gevolg word, maar om in dié vroeë stadium  bewerings van byvoorbeeld sabotasie te maak, is ongevraagd.

“Gelukkig is niemand dood nie, want dít is ʼn ontploffing wat jy in geen werksplek wil hê nie. Dit is massief. Dit is soos om ʼn groot bom in Pretoria te gooi en te hoop niemand kry seer nie,” sê Reyneke.

“Dit is ʼn wonderwerk dat niemand gesterf het nie.”

Twee van Solidariteit se lede is onder diegene wat voorlopig geskors is. Reyneke sê egter hulle weet nog nie hoekom juis dié twee lede geskors is nie. Een van die werkers was op langnaweek tydens die ontploffing en was nie eens naby die kragsentrale nie.

Eskom het, nadat hy die werkers boonop reeds geskors het, eers gevra vir redes waarom hulle nié geskors moet word nie.

Reyneke bestempel die skorsings as onbillik, onder meer omdat geen duidelikheid gegee word oor die redes daarvoor nie.

Herstelwerk kan glo miljarde rande beloop. (Foto: Chris Yelland/Twitter)

“Die afleiding wat ek maak, is dat koppe moet rol en nou skors Eskom sommer enigiemand. Hy doen nie ʼn deeglike, gestruktureerde ondersoek en sê daarna dít is hoekom hy mense skors nie.”

Reyneke sê die verantwoordelike proses om te volg is om eers ʼn omvattende ondersoek te doen en die oorsaak van die ontploffing te bepaal, waarna stappe gedoen kan word. Hy sê dit help niks om werkers summier te skors en te dink die probleem is opgelos, en later word ʼn soortgelyke probleem dalk elders ondervind nie.

“Dit is hoekom ons Eskom vra wat die oorsaak van die ontploffing was. En as daar nalatigheid was, moet mense verantwoordelikheid aanvaar.”

Hy sê daar heers ʼn oënskynlike kultuur van vervolging by Eskom wat werkers heeltyd op hul hoede het.

Die ontploffing het veroorsaak dat minstens 700 MW uit die stelsel gehaal is. Herstelwerk kan jare duur en talle onderdele sal ingevoer moet word.

Reyneke sê hoewel dit in hierdie stadium nie lyk of beurtkrag in werking gestel gaan word nie, kan verdere probleme by kragsentrales druk op die netwerk verhoog en tot beurtkrag lei.

Die energiekenner Chris Yelland het kort ná die ontploffing gesê dit lyk of daar afgewyk is van die standaardprosedure tydens die instandhoudingswerk. Hy sê om dié rede het Eskom diegene verantwoordelik vir die bestuur en uitvoering van die werk voorlopig geskors hangende die afhandeling van die ondersoek.

Volgens hom kon die ontploffing ook veel erger gewees het.

Yelland het aan EWN gesê ʼn menslike fout het die ontploffing veroorsaak, asook dat daar ʼn gebrek aan oorsig was.

Eskom het Maandag gesê eenheid 4 was sedert 6 Augustus op ’n korttermynonderbreking en alle werk daar is sedertdien opgeskort.

Die ontploffing volg net ’n week nadat Eskom aangekondig het dat die laaste van ses eenhede by Medupi aanlyn gebring is. Alle bouwerk aan die 4 764 MW-projek is afgehandel nadat dit in Mei 2007 begin is. Ontwerpfoute met die ketels is egter steeds nie uitgestryk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kobus ·

Wat ‘n vertroosting! Welgedaan. Ons is baie trots op Eskom……ja,ek is sarkasties.

Adriaan ·

Die ontploffing kon “veel erger” gewees het? Hoe so? Moet ons Eksdom gelukwens dat net 1 eenheid ontplof het en die ander nie ook nie?

annie ·

En nou gaan ons ook die ongetoetste korrelbedkernaanlegproses binnekort uittraai…. Soveel breinkrag kort diepsinnige projekte vir ‘n vooruitstrewende Afrika.

Johan ·

Daai eenhede is vrot van die ontstekings bronne en n plofbare mengsel mag nooit om dit bestaan nie. Iemand het lekker droog gemaak. Ek weet van ten minste nog twee sulke ongelukke waarvan die een ook in SA in 19lankterug. Die ander was die olie seëls om die as wat gelek het, die klink maar net lekker grof nalatig. Hoop dit gaan ordentlik ondersoek word, daar mag dalk net nog paar geraamtes uit die kas spring met betrekking tot hul ontploffings beskerming.

JohanR ·

Dink net as Medupi ‘n kern kragstasie was, dan het Afrika Suid nou by die Botswana grens begin?

Elinette ·

Uhm …. nee, Suid-Afrika sou dalk aangrensend aan Belarus gewees het.

Eclectus ·

Almal maak droog in die lewe, sommiges doen dit net meer skouspelagtig.

Anoniem ·

Alles word nou weer toegesmeer omdat hulle onbevoegde mense is poste aanstel wat nie daar hoort nie. Nog ‘n spyker ins RSA se doodskis. Asseblief Regerging gaan voort, moet tog asseblief nie wakkerskrik nie………………………………………………………………

Elinette ·

Wel, ten minste is Koeberg in die Wes-Kaap en (ek vertrou) daar is INGELIGTE, GEKWALIFISEERDE mense aangestel in poste wat saak maak …….. (en gelukkig is daar ‘n berg tussen my en die Kaap).

Elinette ·

Wel, een iets is vir seker. Medupi het 14 jaar gevat voor dit finaal “in produksie” gebring is en nou werk dit …. wel, SOOS ‘N BOM!!!!!!!!!!!!!!!!

John ·

H2 en suurstof saam is n dodelike kombinasie. Daai eenheid was gelukkig reeds baie vêr gepurge met CO2.

As daar H2 in die atmosfeer in gekom het voor die purge was die hele Medupi vandag plat met die aarde.

Dis beslis nalatigheig, onkunde, swak beplanning, gebrek aan kommunikasie en onbeholpe bestuurspan.

Ek weet. Ek was baie lank in eskom en ons het geweet wat was ons werk en het die prosedures 100% nagekom. Nooit ooit enige gevalle gehad nie.

Die kennis het in die negentigs saam met die “ou” manne uitgestap en daai kennis is vir altyd verlore

Hennie ·

Eskom het die twee Solidariteit manne geskors omdat hulle WIT is. Dis reg ja, hulle is die sondebokke!

Alex ·

Jong ek ruik n rot. Dit is al klaar n mislukte projek wat 10 maal sy tyd en fondse oorskrei het en Ellisras deur politieke gewade ontwikkel het tot waar dit nou is. As daai Medupi 100% loop gaan Ellisras weer n spookdorp word. Ek is seker daar is mense wat geld kry uit die projek konstant en gaan verloor as dit in volle werking tree…

Ria ·

DIT MOES NOOIT GEBEUR HET NIE. Hou op om ingenieurs by die taxi rank te gaan werf en stel mense aan men breins

Jean ·

Ek het daar gewerk en daar was baie slim ingenieurs , maar op die einde jaag hulle die slimmes weg en hou die wat hulle verkies…

Danie ·

Ag jinne tog almal weet nou al teen hierdie tyd dat our people nie opgewasse is nie.
Kan ons nie maar experts van oorsee invoer om een slag die gemors reg te ruk nie?
En ek dink nou nie aan Kubane nie……

Jean ·

Snaaks hoe die nuus niks sê van die skade/brand tans op Kusile Boiler 1 nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.