Meer as 20 Spar-winkels se deure tydelik gesluit

Argieffoto (Foto: Spar)

Die departement van arbeid het Vrydag die Spar Gilde se besluit verwelkom om die lidmaatskap van die Giannacopoulos Group op te skort weens verskeie oortredings, waaronder nienakoming aan arbeidswetgewing en die nasionale minimum loon.

Die departement het in ʼn verklaring gesê hy het verskeie klagtes in Mei vanjaar ontvang oor arbeidswetgewingoortredings by Spar-winkels landswyd.

“Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat al die oortredings by winkels plaasgevind het wat deur mnr. Giannacoupolous besit word. Die departement het ʼn gesamentlike inspeksie gehou op 30 Mei 2019.”

Volgens die departement is die inspeksie gehou by nege winkels in Gauteng en een in Noordwes.

Bewerings sluit in ʼn versuim deur die werkgewer om kontrakte uit te reik aan werknemers, lang werksure sonder oortydbetaling, geen ekstra betaling vir werk op Sondae of openbare vakansiedae nie, onwettige aftrekkings van salarisse en ʼn versuim om maandeliks ʼn verslag in te dien by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF).

ʼn Kennisgewing is aan die Giannacopoulos Group uitgereik, maar volgens die departement het Giannacopoulos versuim om die situasie reg te stel.

Adv. Michael Msiza, die departement se hoofinspekteur in Gauteng, het gesê hulle het “alles in hul vermoë gedoen” om Giannacopoulos tegemoet te kom, maar dit was tevergeefs.

Msiza sê die Giannacopoulos Group het ʼn skuldverpligting van R13 miljoen wat aan werknemers oorbetaal moet word vir, onder andere, onwettige aftrekkings, nienakoming aan die minimum loon en oortyd.

Verskeie Spar-winkels, wat aan die Giannacopoulos Group behoort, het Vrydag sy deure gesluit. Spar sal na verwagting weer die winkels oopmaak sodra ʼn hofbevel vandeesweek bekom is. Spar het in ʼn kennisgewing aan handelaars gesê hy skort die groep se lidmaatskap op.

Die Giannacopoulos-familie het in ʼn mediaverklaring, kort ná Spar met regstappe begin het, gesê Spar se optrede is betreurenswaardig en gesê hy doen ook stappe om die kwessie op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Theresa Erlank ·

En die werkers? Wie betaal hulle terwyl die winkels gesluit is?

Hennie ·

Theresa, wie dink jy sal die werkers betaal as die winkel gesluit is?

Sue ·

Mu kind werk ook vir die spar groep, van hulle kry oortyd en van hulle nie. Sy is een wat nie oortyd kry nie, want volgens haar bestuurder gaan dit konflik veroorsaak as die een meer as die Ander kry. Verlof word ook nie goed gekeur nie want Wie gaan die werk doen.

Realis ·

Plaas asb vir ons ‘n lys van waar die betrokke Spar winkels is.

Carien ·

Die 1 in Noordwes is Hartbeespoort se Sediba sentrum winkel…

Blommetjie ·

Een van daai Spar’s wat genoem is is oop gewees gister. Weet nie of die storie uitgesorteer is nie maar hy was oop.

Karen ·

Daar is meer dan 1 Spar in Rustenburg wat toegemaak is – die vleis afdeling in Spar middedorp stink geen ander woord STINK kos staan oop en bloot elkeen kan daaraan vat. ….paar jaar gelede was die winkel ook ondersoek en was sprake van onwettige immigrante wat agter in winkel gebly het – dokumente was in die mister se besit en kon werkers nerens gaan nadat die pes een oggend van elke blanke werker ontslae geraak het. Wel nou gebeur dit weer – dis vuil slordige winkel en ek hoop hy gaan terug na sy vaderland. ….

Pop ·

Dis wanneer jy geld jou God maak. Dis slawe van werkers maak. Seker gedink omdat hy n buitelandse van het kan hy oor die hoof gesien word. En nou gaan honderde mense nie werk he nie. Ek hoop Spar kan die winkels by hulle bekom en aan ander verkoop .

Gert ·

Supermarkgroepe in SA kort deeglike ondersoek op verskeie vlakke. Hul is skuldig aan meer dinge as net arbeidswanpraktyke.

Tops ·

Hoekom worry amal so oor spar wat van ons wat worry oor TOPS bottel stoor???? Eers vat ESKOM ons krag nou vat spar ons drank wat is volgende? Wat word van ons land???

Alexz ·

Laat die inspektoriaat ook ñ prys audit doen op verskeie Spar winkels se produkte. Bv ñ 2kg pak suiker by winkel ‘A’ is 3Rand duurder as by winkel ‘B’ afhangend in welke geografiese gebied die ‘duurder’ geleë is….

Swannie ·

Ons het ook TWEE Spar winkels in ons dorp waarvan die een VREK duur is en die ander een goedkoper, Alhoewel by die goedkoper een is daar SLEGS een betaalpunt oop,maak nie saak watter tyd van die maand nie.

So, jy kan self besluit of jy duurder wil betaal vir dieselfde produk en of jy liewer heeldag wil wag om te betaal.

Steve ·

Dit is omdat Spar nie n corporate entiteit is nie, dit is ‘Voluntary Retail’, die individuele eienaars/eienaaresse kan besluit neem op hule eie verkoops pryse.

GRIET ·

BAIE HARTSEER, Montana Corner se Spar was/is TOPS, hier in pta! Hoop hulle kan hul interne probleme oplos

Manna ·

So word duisende besighede bestuur en werkers uit gebuit. Wetgewing word net geignoreer. Dan wonder ons soms oor hoekom mense toi toi.

Madelein ·

Ons het altyd vars produkte aan Montana Corner se Spar gelewer. Is gereeld soos honde behandel en moes smeek om betaal te word. Nou al meer as 5 jaar later en nogsteeds nie betaling ontvang nie. Baie bly dat geregtigheid geskied!

SHIRLEY ·

Probeer n Liquorcity naby jou hulle prys en diens is Tops.

anoniem ·

is about time dat iemand iets omtrent dit doen, my man het vir hulle in wes kaap gewerk, werks ure is buitensporig, en niks word gedoen daaraan. ek is so bly die departement doen iets rondom dit.

Jaco ·

Baie sparre moet inspekteurs ook inkry aangaande baie van hul produkte op die rakke wat al verby hul sperdatum is, een ding is verseker, ek sal nie hul vleis koop nie, veral hul bief mince het n vreemde smaak. Spar is nou maar net daar vir as ons regtig iets dringends nodig het, maar verder probeer ek hul te vermy.

Martin ·

Ek werk tans vir n Spar (Franchises) in die Oos Kaap, ek werk soms 13-15 ure n Dag, Hul weier om my Salaris te verhoog, hul dreig my gereeld, ek kry nie n Sent oortyd nie. Ek was opleiding in elektries en my ambag belowe, maar ek moet alle Elektriese en maintenance werk doen op n Kasiers salaris. Ek kan nie net wegloop nie, ek het 2 kinders.

Linda ·

Dis hoog tyd dat die Departement van Arbeid hier ingetree het, waar werkers so misbruik word !!

Linda ·

Al is die winkels gesluit is Spar nogsteeds verantwoordelik om die werkers te betaal !! Hierdie was n Regeringsbesluit gewees !!!

Jaco ·

Spar betaal nie werkers nie, die winkel eienaars doen. Spar sal net vir Werkers in die “Corporate” winkels betaal.

Suzette ·

Well done! Vd spar bestuurders het hulle werknemers erger as grond voor ons behandel en juis daarom het ek spar jare laas ondersteun. Nou weet ons hoekom

aniki ·

Tshwane and surrounds

Dely Road, at the Newlands Shopping Centre 

Doornpoort, at the Village Square Shopping Centre

Elardus Park, off Delmas Road

Karenpark, in Akasia.

Montanana, off Sefako Makgatho Drive (formerly Zambezi Drive)

Mooikloof, off Garsfontein Road

Orchards, off Doreen Avenue

Rietfontein, at the Rietfontein Pavilion Centre

Sediba, off Beethoven Street in Hartebeespoort

Silver Place, on Brandwag Street in Silverton

Silverton Spar, off Pretoria Street in Silverton

Wierda, in Wierdapark 

Zambezi, off Moloto Road

Johannesburg and surrounds

Euro Spar in Vereeniging

Rustenburg Square Spar

Tuscany Spar at Tuscany Crossing, Rustenburg

Safari Superspar at the Safari Gardens centre, Rustenburg

Carlswald, off New Road in Midrand 

KwaZulu-Natal

Andrew’s, Empangeni

Five Ways, Empangeni 

Meerensee, Richard’s Bay

Lakeside, Richard’s Bay

Town Square, Richard’s Bay

Piet Pompies ·

Orchards Spar was oop vanmiddag toe ek daar verby gery het

aj ·

Japan werkers werk meer as 12 ure per dag …. daarom presteer Japan uitstekend!

Die mislukte ANC staat het reeds miljoene werkgeleenthede opgemors met hulle politieke inmenging by arbeidsaangeleenthede.

Die winkels gaan sluit! …. en dan WAT?

Sinies ·

Dan open n Chinese winkel, met werker uit China, goedere uit China en n paar rand se omkoopgeld vir die amptenary.

Ray ·

Nonsense….. niemand in Japan werk 12 ure. Ek het families daar. 40 ure is die norm, soos in enige beskaafde land.

piper ·

verander spar winkel na spaza winkel en alles is opgelos. geen btw. geen belasting. geen werkregister. geen reels en regilasies nie. dalk ook nog geen krag en munisipale kostes nie.

Piet Pompies ·

en julle dink dis net daai Spars – nee wat daar is nog menigde van hulle – en dit stop nie net by die Spars nie – dit gaan oral so in die retail bedryf

Wielspore ·

Ons besoek gereeld twee SPAR winkels in Nelspruit by Crossing en Grove, diens is uitstaande, personeel behulpsaam en vriendelik. Julle het ‘n puik span!

Ep ·

Wielspore ek stem met jou absoluut saam daar is nie beter as genoemde 2 Spar winkels

Manna ·

So word duisende besighede bestuur en werkers uit gebuit. Wetgewing word net geignoreer. Dan wonder ons soms oor hoekom mense toi toi.

wiehan ·

Wil net se, gaan Spar nou die specials wat Euro Spar in Vereeniging gehad het aanhou mee, die selfde goeir diens lewer. Ek dink nie hul kan nie. As iemand al in Euro Spar was so hul sien wat ‘n uitstekende winkel die is. Sies Spar!!!
Hoop die Gianacopoules vat hul goed weg van Spar en maak hul eier SPAAR winkels oop, want dit is wat ons as kliente by hulle kry, ONS SPAAR.
Kry net Woensdag hierdie SMS van Euro Spar. Nou se vir my, watter winkel kan hierdie pryse beter aanbied?
Euro SUPERSPAR: PORK PACK 42.99/KG BULK TBONE&CLUB ST 59.99/KG BULK BEEF RUMP ST 69.99/KG CHICKEN BRAAI PACK 35.99/KG ONLY 17/10/19 MAX 4/CUST Optout reply STOP

LET WEL: RUMP STEAK VIR R69-99 p/kg!

Spar group, julle maak julself seer. Onthou net, meer as die helfde van die winkels is in hul eie geboue, Gann julle dit nou koop? Dink nie so nie!

Zandra Jordaan ·

Ek wil ook sê EURO SPAR IS DIE BESTE Ek moes by n ander retail winkel my inkopies doen…en mense! Wat n disaster…NIEMAND kom by Euro Spar se vleis, melk en varsgebak nie….Eks bly hulle deure is weer oop….maar ek is ook deeglik bewus van die geskille en dit moet opgelos word

Bytjie ·

…….as hulle nie hulle aan die arbeids wetgewing steur nie…..waar dink jy kom daai goedkoop vleis vandaan??????????

Gemaskerde Sopbeen ·

Hier by ons is daar meer as 10 Spar winkels in ‘n 8km radius…Dit kan nie werk nie. Die Spar eienaars maak GEEN wins nie, en word geforseer om so met hulle werknemers te werk, want as jy dit volgens “die reëls en regulasies” doen….is jy binnekort bankrot. Die een na die ander Spar is besig om toe te maak…..want die “Spar Groep” maak dit net onmoontlik om te bestaan…

X spar eienaar ·

100% die waarheid. Net Spar Hoofkantoor maak geld uit elke produk wat verkoop word. Geen wonder van die eienaars begin by die kompitiesie koop en dan in hulle winkels verkoop. Spar DC vat al die wins met hulle belaglikke prysse.

Chrisjan ·

So bly Groenkloof Spar nie op die lys. Ek ry verby 5 Spar-winkels om juis dáár te gaan koop. Skoon, uitstekende kwaliteit.

Casper Labuschagne ·

Die kommentare hier bo sal puik sosialiste uitmaak. Daar is net e
en ding erger as kapitalistese uitbuiting en dit is geen kapitalistese uitbuiting.

Dankie tog ·

Ek het vir die spesifieke eienaar gewerk was haglike omstandighede 14 ure skofte 7 dae ‘n week geen oortyd alles wat daar genoem word is absoluut waar en ek is so so so bly dat iemand eiteindelik iets omtrent dit gedoen het. Voel baie jammer vir die wat nou nie ‘n inkomste het nie ir ‘n ruk maar seker spar sal hulle probeer help ek hoop. Wat jy aan ander doen kon altyd terug na jou toe en hy het dit nou besef!!!

Marius ·

My vrou werk vir n spar en werk presies daai ure en sy kry niks voordele nie en sy werk al 21 jaar vir die plek en verdien nie eers R5.000 n maand nie

Reine waarheid ·

Jammer vir SPAR en sy mense en kliënte soos ek maar PICK PAY ens…moet ook maar ondersoek word of is die geldjies wat vir verkiesing betaal is genoeg gewees? vir vrywaring vir ongeruimthede?

lourenza de Wet ·

Die bo genoemde winkels is hulle deel van groep of is dit wat toe is, want Zambezi en Swanepoel was oop vandag.

Jakes ·

Spar beteken om te spaar vir die eienaar. Daarom sal sommige eienaars hul eie personeel misbruik om n paar rand te spaar. Al die groot supermarkte in SA misbruik hul kliente want hulle is almal kop en een mis. Dit is hoogtyd dat die monopolie van hierdie kleinhandelaars ontbloot word.

Sakkie ·

HULLE MOET WELKOM DAGBREEK SE SUPERSPAR OOK KOM ONDERSOEK!!

Hester ·

Misbruik van mense in n moeilike ekonomise era. Baie besighede volg dieselfde wan praktyke. Gaan kyk na alle retailers, nogsteeds restaurante ens.

Lillian ·

Ons Spar in Mooikloof,Garsfontein was ook gister oop. Baie bly daaroor want ons loop meeste van ons groceries en vleis by hulle. Personnel is altyd vriendelik en die bestuurders ook baie behulpsaam. Nog net altyd goeie diens gekry by hulle en elke week baie goeie specials wat darem die lewe bekostigbaar maak. Baie dankie Mooikloof Spar julle is Tops!!!

CJ ·

Ongeag of van die Spar winkels weer hul deure heropen het, of nie. Ek dink Spar Hoofkantoor behoort toe te tree indien klagtes oor die franchisees ontvang word. O.a. by Wierda 2 se Spar het lede vd gemeenskap by die bestuur gaan kla en sekere vd klagtes is wel aangespreek. Ons wag nou net (al lankal) in spanning om te kyk hoe hulle gaan maak met:
(a) onwettige aanlê van waterpype onderdeur Wolseleystr na n huis oorkant die straat wat aan eienaar behoort – dis nou agv die onwettige sink van boorgate om vanaf die huis water onder munisipale straat na Spar aan te lê;
(b) onwettige benutting van munisipale sypaadjie vir Spar se reuse kragopwekker. Die area sommer toegespan ook. (Dalk kan ons wetsgehoorsame burgers ook sypaadjies “claim” en hokkke bou vir stoorplek, ens).
(c) Tops drankwinkel reg oorkant laerskool, dws binne 5km radius van n laerskool af – na beste van my wete mag dranklisensie in so n geval nie goedgekeur geword het nie.

Het foto’s om beweringe te staaf. Raadslid bewus vd klagtes. Dadels van gekom.

m ·

Jy kan ook maar kla as die kragopwekker nie meer daar is nie en daar is loadshedding en jy moet vrot vleis in daardie einste spar koop.

Marius ·

En hoeveel is n superviser veronderstel om te verdien vir 21 jaar diens en het niks voordele nie wie kan my inligting gee oor dit asb en baie dankie.Vra namens n werker van spar meyerton

Ernie Fourie ·

Let asb op die volgende:
1. Spar Winkels behoort aan Privaat eienaars, nie soos Checkers en P&P nie. So… Pryse mag en sal verskil en dis actually ONWETTIG om pryse vas te maak, dit word “Price Fixing” genoem.
2. Meeste Sparre wat ek besoek is uitstekend!
3. Moenie vir Spar werk as jy nie tevrede is nie. Dit bly ‘n vry land waar niemand jou dwing om te werk waar jy werk nie. En as jy ongelukkig is – ek sou wees – gaan begin jou eie besigheid. Ek het.

juana van heerden ·

Ons spar, (platinum Spar) is tops, almal in die winkel laat jou lus voel om by hulle te koop. elke liewe werknemer doen hulle beste om die klient te bedien. Polokwane kan sowaar trots wees op Platinum Spar.

Slegte wergewer. ·

Indien ek ‘n wergewer was dan sou ek nie my werkers gerigistreer het nie . Ek sal ‘n billike salaris betaal maar ek sal niemand aanstel indien die regering sal inmeng nie. Juis hul inmengery wat maak dat werkloosheid so hoog is.

Anoniem ·

Hulle kan maar die spar winkels hier in boksburg ook toemaak. Ek gaan gereeld Secunda toe en daar koop ek net by hulle Spar winkels. Ek kan mense verseker altwee in Secunda is die beste was al in Vereeniging se Spar ook baie goed beter as checkers en pick and pay

Amelia ·

Secunda se Spar staan bekend as die boutique. Ek is soms n besoeker daar en rerigggggg as jy iets nie kan kry nie, is dit die plek waar jy gaan soek, maar jy betaal vir dai diens.

Jack Klok ·

Ek verstom my vir die kommentators wat vir meer regeringsinmenging pleit. Het die ANC nie die ekonomie al genoeg opgemors met al sy inmenging nie?

Hoe meer die regering inmeng hoe meer kos dit die eindverbruiker.

Niemand is verplig om by enige SPAR winkel te koop of te werk nie. As die diens swak of die produkte te duur is, gaan koop by die kompetisie.

Al die AA en BBBEE reels, die rigiede arbeidswetgewing asook minimum loon vereistes verhoog die bedryfskostes van ‘n winkel eienaar. Al die stakings vir salaris verhogings vreet winste op. het enige kommentator al ‘n winkel perseel gehuur? Dis peperduur.

Elke saak het twee kante. Ons moet nie veralgemeen nie. Onthou net: Alles waarin die ANC al ingemeng het het skeefgeloop.

A ·

Ek het al meer as een keer gesien hoe hierdie eienaar(s) hulle werkers behandel.
Skokkend om die minste te sê!!! Ek kry die werkers ongelooflik jammer omdat hulle eerder daar bly werk omdat hulle die salaris nodig het. MAG DIE WIEL DRAAI … hoop nie Spar laat dit net daar nie. Hierdie groep het nou een keer te veel op ander eienaars se tone getrap. Ek het al ophou tel hoeveel keer ons al by Newlands met ‘n paar sent/rand ‘overcharge’ is – kan nogal ‘n bedrag word as dit met elke kliënt die geval is (ek koop net daar wanneer ek vergeet het om alles te kry by ander winkels)

ella ·

her self by n Spar gewerk en uitgestap nadat n paar kere van my salaris afgetrek is vir vleis en in tussen het ek 1 of ander aandele gehad by spar maar toe ek bel om te claim toe se hulle dit is te laat. hoe maak mens Dan om te kan claim

Db ·

Spar in Mootstraat Pretoria is tops en almal is baie vriendelik

dolphin ·

zambezi spar ek like dit baie is baie gerieflik plek .dalk is mense is suining met geld wil nie belasting betaal nie .mense het hard gewerk om oortyd en vakansie dag te werk moet betaal word.sterkte.

ZeeBee ·

Verkeerde Spar in Moot/Villieria is toegemaak. Pleks ondersoek ingestel word by Ben Swart/33ste Laan. Swakste Spar in Pretoria . Ek gaan nie eers al die negatiewe punte noem nie daar is te veel. Departement van Arbeid en Gesondheids Inspekteur kan gerus daar gaan draai maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.