Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die publiek gewaarsku teen korrupsie wat met hul huidige werwingsveldtog verband hou.
Lees meerAlles vir Saterdag 19 Oktober 2019
Komitee hoor OB het nog R110 miljoen nodig
Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het Vrydag gehoor die Openbare Beskermer het nog R110,9 miljoen oor die volgende drie jaar nodig om haar mandaat te vervul.
Briljante All Blacks oordonder futlose Iere
Wie sal Hansen se manne kan stuit?
Vlinder vlieg weer danksy vlerkoorplanting
ʼn Beseerde skoenlapper kan weer vlieg danksy ʼn vlerkoorplanting.
Chinese ambassade verwerp bewerings van mishandeling
Die Chinese ambassade het tydens ʼn perskonferensie bewerings van mishandeling en onregverdige afdanking van ʼn voormalige tydelike werknemer verwerp. Die ambassade doen ʼn beroep op die departement van internasionale betrekkinge en samewerking om in te gryp.
Kliniese Engeland mors met Wallabies
Om die Wêreldbeker-rugbytoernooi te wen, moet jy die basiese vaardighede reg uitvoer, klinies en gedissiplineerd wees en by jou wedstrydplan hou.
Slegs vroue neem deel aan dié ruimtewandeling
Nasa-ruimtevaarders Christina Koch en Jessica Meir het Vrydag geskiedenis gemaak toe hulle die eerste slegs-vroue ruimtewandeling onderneem het om ʼn deel van die internasionale ruimtestasie (ISS) te herstel.
Saak teen Marikana-mynwerkers tot Februarie uitgestel
Anele Zonke en 16 ander Marikana-mynwerkers wat tereg staan op verskeie aanklagte wat verband hou met ʼn gewelddadige staking in 2012, het Vrydag vlugtig in die Noordwes-hooggeregshofsitting in Mogwase verskyn.
Man vas wat glo 14-jarige verkrag
Die saak het tot geweld in die gebied gelei en gemeenskapslede het op ʼn plundertog gegaan. Hulle het winkels, wat aan uitlanders behoort, geplunder en eiendom beskadig.
Meer as 20 Spar-winkels se deure tydelik gesluit
Die departement van arbeid het Vrydag die Spar Gilde se besluit verwelkom om die lidmaatskap van die Giannacopoulos Group op te skort weens verskeie oortredings, waaronder nienakoming aan arbeidswetgewing en die nasionale minimum loon.
Laaste episode van Top Billing uitgesaai
Aanhangers het hul ontevredenheid uitgespreek ná die SAUK aangekondig het die leefstylprogram Top Billing word ná 27 jaar beëindig.
Talle plakkershuise in Kempton Park in brand verwoes
Ongeveer 68 plakkershuise in Pomona naby Kempton Park in Gauteng is weer in ʼn brand verwoes, het William Ntladi, distrikbestuurder vir die Ekurhuleni- ramp-en-nooddiensbestuursentrum, Vrydag gesê.
Beurtkrag duur Saterdag voort
“Ons hoop om teen Sondag voldoende herstel te wees sodat Suid-Afrikaners die Springbokwedstryd in die Wêreldbekerrugbytoernooi kan geniet.”
Deurbraak in moordsaak by PE-aftreeoord
Vyf persone, ʼn vrou en vier mans, is in Port Elizabeth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op Agnes Elaine Burns (91) en Rosemary Langton (87).
Hooggeregshof wys Jiba se aansoek van die hand
Die DA het die hooggeregshof in Kaapstad se beslissing teen adv. Nomgcobo Jiba se hersieningsaansoek verwelkom.
Skolier ses keer met mes gesteek
ʼn Graad 12-leerder is ses keer met ʼn mes gesteek, na bewering deur ʼn ander skolier, by ʼn skool in Mmabatho naby Mafikeng in Noordwes.
Gedagte vir die dag: Jesus, die Bewys
Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? (Romeine 8:32, 33)