ʼn 31-jarige man is in Maake buite Tzaneen in Limpopo in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 14-jarige meisie.
“Die slagoffer was die oggend omstreeks 07:00 alleen by die huis. Haar ma het haar omstreeks 08:00 langs die pad gekry en wou weet hoekom sy nie in die skool is nie,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit het aan die lig gekom die meisie het na die plaaslike winkel toe gegaan op pad skool toe, en is na bewering verkrag deur die eienaar wat haar daarna R20 gegee het.”
Die 29-jarige ma het die saak by die polisie aangemeld en die man is dadelik in hegtenis geneem.
Die saak het tot geweld in die gebied gelei en gemeenskapslede het op ʼn plundertog gegaan. Hulle het winkels, wat aan uitlanders behoort, geplunder en eiendom beskadig. Die polisie se openbareorde-eenheid is ontbied en die situasie is onder beheer gebring.
Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het beamptes geloof vir hul vinnige optrede om die man in hegtenis te neem. Hy het die plundertog deur die gemeenskap veroordeel.
Die man sal na verwagting Maandag in die Lenyenye-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Lewenslange tronkstraf. Jy weet? Sodat dit regverdig is!
Gaan hy ook lewenslan kry en naam in seksregister aangeteken word
So kom ons kyk of hy ook lewenslank tronkstraf gaan kry.
En dieselfde media/politieke aandag as Ninow gaan kry.
Nope sal net vlugtige feed wees met so 15 jaar free board & lodging.
Gaan hy ook lewenslank tronk toe?