Deurbraak in moordsaak by PE-aftreeoord

Die Stella Londt-aftreeoord in Port Elizabeth. (Foto: Facebook)

Vyf persone, ʼn vrou en vier mans, is in Port Elizabeth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op Agnes Elaine Burns (91) en Rosemary Langton (87).

Personeellede van die Stella Londt-aftreeoord in Port Elizabeth het die twee vroue op 10 Oktober omstreeks 05:45 dood aangetref in hul onderskeie kamers.

Col. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn span ondersoekers, onder leiding van kol. Paul Orange van die Mount Road-polisie, in samewerking met die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag, het onverpoosd aan die saak gewerk en hul harde werk het vrug gelewer toe hulle ʼn deurbraak gemaak het. “Vyf verdagtes is Vrydagoggend tussen 01:00 en 02:00 in Port Elizabeth in hegtenis geneem. Een van die verdagtes, ʼn 34-jarige vrou, is ʼn versorger by die aftreeoord en sy was aan diens tydens die moorde.”

Die verdagtes sal Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn. ʼn 30-jarige man en die 34-jarige vrou staan tereg op aanklag van moord. Die ander drie verdagtes, onderskeidelik 20, 27 en 33 jaar oud, staan tereg op aanklag vir hul bydrae in die moorde en geldwassery.

“Verdagtes het na bewering vroegoggend op 10 Oktober die perseel betree deur ʼn deur op die boonste vlak van die hoofgebou in die aftreeoord. Die deur was nie gesluit nie. Hulle het die eerste kamer betree waar hulle Burns oorval het. Sy is later op haar bed aangetref. Haar voete en hande was vasgebind en haar mond was toegestop. Haar kamer is geplunder,” het Naidu verduidelik. Langton se liggaam is onder soortgelyke omstandighede gekry.

Die nadoodse ondersoek het gewys dat Burns en Langton versmoor het. Daar was ook aanduidings dat hulle gewurg is.

Polisie glo roof was die motief vir die moord. Krugerrande, luukse horlosies, goue ringe en ʼn trouring met ʼn edelsteen asook ander juwele en ʼn selfoon is gebuit.

Lt.genl. Ntshinga het die ondersoekspan geloof vir hul toewyding en harde werk.

Dr. Thabo Makgoba, aartsbiskop van die Anglikaanse kerk in Kaapstad en hoof van die St. John-orde in Suid-Afrika, het gesê die uitwerking van die voorval op die vroue se gesinne, ander inwoners, die sentrum se personeel asook die breër St. John-gemeenskap, was beduidend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Chris ·

Welgedaan SAP goeie werk gedoen . Van die begin af geweet dit is n “inside job” . Die aanslag op ons senior burgers word net erger en erger en dit nog deur mense wat vertrou word met hulle versorging.

Sarrl ·

Goeie werk gedink was ” inside job”. Hoe word die Personeel gekeur?

Petro ·

Ons lees daagliks van moorde.. Maar ek lees dié berig en voel emotioneel omdat 2 ou weerlose tannies moes seerkry en dood gaan aan die hand van iemand wat BETAAL is om na hulle om te sien. En ek skree nie gewoonlik bring terug die doodstraf nie, maar voel vanoggend so. RIV dierbare tannies. Hierdie mislike gespuis gaan betaal hiervoor. Op aarde en vir ewig daarna in die hel.

Elizabeth ·

Hoe verskriklik bang moes dié oumas gewees het, hoe absoluut magteloos. Ons eis die swaarste denkbare straf vir die moordenaars en hulle kornuite!!!

Peper ·

Genade maar wie hou sulke kosbaarhede net so in n kamer aan, behoort in kluis by n bank. Wonder ook of die vrou eers n vertrouensverhouding met die tannies opgebou het, want hoe sou sy van die “vonds” geweet het? My motto – Trust NO ONE!!

Cheryl ·

Deesdae is dit n groot risiko om iemand in diens te neem, hetsy by jou private woning of by jou onderneming. Kan niemand meer vertrou nie

Potjie ·

Ons almal weet wie beklee die poste nou. Geen name is nodig nie. Noem hulle maar verdagtes nè.

Potjie ·

So jammer mens moet so ñ hoë ouderdom lewe en dan vermoor word.

Canine ·

Anc vroueliga sekerlik al reeds gomobiliseer om bystand en hulp te lewer aan families en gemeenskap. Dankie vir julle hulp.

marieta ·

my vriendin/niggie was in n kaapse ouetehuis ‘aangeval’ ….. maar dit was afgemaak as ‘sy het geval buite die ouetehuis gronde’ … was hospitaal toe maar is dood n paar dae later….. sy was so bevrees nadat ek die hoofde en verpleeghoof in kennis gestel het ek vermoed sy word afgepers vir geld deur personeel…. die sekuriteitman het haar selfoon gekry en personeel het in haar kamer kom koffie maak en vat wat hulle wou he…. maar ek was afgemaak as afgunstig en my klagtes was ignoreer…. selfs na haar dood … die paramedics en polisie was ook oortuig dit was n aanval en het op na-doods aangedring…. ek soos iemand vir my gese het ‘niks sal haar terugbring nie’…. sy het paar maande voor haar dood aangedring dat ek haar ‘diana-ring’ wat sy vir my gegee het asb vat want ‘iemand’ het gese hulle sal haar vinger afsny om dit te vat… ek het openlik die ring gedra sodat hulle kon sien ek het die ring… daar was paar suurgesigte dat ek dit het … maar die hoofde wil nie erken bejaardes word afgepers en beroof nie…. en glo my personeel weet wat bejaardes het….hulle krag in die inwoners se goed….. verdomde kriminele is orals vir sagte targets….

Attie. ·

In enige aftreeoord is ‘n paar welgestelde weduwees wat in ‘n klein woonplekkie woon. Die personeel sien hulle kom en gaan en krap beslis in hul afwesigheid in hul laaie. ekself is bejaard maar weet dat jy nie Krugerrande duur ringe en ander juwele moet saamneem nie. Verkoop die goed en lewe rustig met jou kapitaal in die bank. Ek glo aanstellings sal beter gedoen moet word in ouetehuise en aftreeoorde. Dis hoekom ek solank as moontlik in my eie huis sal aanbly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.