Meer as R2 miljoen se dwelms in Upington gevind

Dwelms met ’n beraamde waarde van meer as R2 miljoen is in die bakkie gevind. (Foto: SAPD)

Die Noord-Kaapse polisie het vroeër die naweek ’n reusedwelmvonds gemaak toe hulle op ’n koeriervoertuig in Upington toegeslaan het. Dwelms met ’n beraamde waarde van meer as R2 miljoen is in die bakkie gevind.

Dit sluit in 30,2 kg saamgeperste dagga, tien bondels daggaplante en 6,35 kg tik.

Die bestuurder van die koeriervoertuig het egter weggehardloop en is nog op vrye voet.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê die polisie se misdaadintelligensie-eenheid en die grenspolisie het Vrydag inligting ontvang oor ’n koeriervoertuig wat ’n besending dwelms in Upington sou aflaai.

Die betrokke bakkie is die middag in Paballelo in die omgewing van Upington opgemerk. Die bestuurder van die bakkie het egter besef die polisie is warm op sy spoor en het te voet op die vlug geslaan.

Die owerhede het die verlate bakkie omstreeks 14:00 deursoek, op die dwelms afgekom en op die bakkie en dwelms beslag gelê.

Van die dwelms waarop daar beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

You can run but you can’t hide! Dink hy nou regtig hulle gaan hom nie opspoor nie?

Eric ·

Klopjagte moet dikwels op alle voertuie, verlag vragmotors en bakkies uitgevoer word om dwelms hok te slaan. Dit raak nou ‘n ernstige euwel in die land vir almal veral by die jeug.

Surfer ·

Meer pad blokkades om te ondersoek vir dwelms en onwettige wapens, of wag ou Hoed en sy gepeupel nou weer om te kyk of hy kan strand toe gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.