Mees gesoekte misdadiger vir 93 jaar gevonnis danksy fyn speurwerk

Lt. kol. Alet Pratt (Foto: Verskaf)

Een van die mees gesoekte misdadigers in die land is sowat twee weke gelede in die Pretoriase streekhof vir byna twee dekades se misdrywe tot 93 jaar tronkstraf gevonnis. Dít is te danke aan lt.kol. Alet Pratt, speurhoof van Sinoville-polisiestasie in Pretoria, se jare lange fyn speurwerk.

Eugene Thapelo Lebona is op 18 Februarie 2014 in sy huurhuis in die Midstream-landgoed in hegtenis geneem op 16 aanklagte van diefstal, waaronder motordiefstal, roof met verswarende omstandighede, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en huisroof.

Volgens Vernon Smith, die ondervoorsitter van die Gautengse provinsiale gemeenskapspolisiëringsraad, verneem hulle dat Lebona reeds vanaf 2003 verskeie roofmisdade gepleeg het in Welkom, Orkney, Bloemfontein, Rustenburg, Pretoria en Johannesburg. Smith glo vas daar is nog baie ander misdrywe waarvan die polisie nie bewus is nie.

“Uiteindelik is Lebona jare later danksy die uitstekende speurwerk van Pratt in sy weelderige huis, waar hy soos ʼn koning van al sy misdrywe geleef het, gevang,” sê Smith.

Smith sê Pratt het sowat vier jaar gelede intensiewe ondersoek begin instel om Lebona vas te trek. “Sy was baie toegewyd en het beslis veel meer as haar plig gedoen om seker te maak Lebona word opgesluit. Sy moes soveel persoonlike opofferings maak,” sê Smith.

Smith vertel Dinsdagmiddag aan Maroela Media Pratt het al Lebona se hofverskynings bygewoon en seker gemaak dat sy borgtogaansoeke teengestaan word. Met groot sukses is Lebona se borgtogaansoeke vanaf 2014 nog elke keer teengestaan.

“Ons wil Pratt hartlik bedank vir haar toewyding en deursettingsvermoë om die saak deur te voer. Dit is speurders soos Pratt, die onbesonge helde van die polisie, van wie die meeste Suid-Afrikaners nooit hoor nie. Sy het hard gewerk om seker te maak daar is een misdadiger minder wat vry op straat loop,” sê Smith trots.

Volgens Smith word die polisie nooit genoeg bedank vir hul goeie werk nie. “Ons almal is geneig om die polisie maklik te kritiseer wanneer hulle nie hul plig doen nie, maar ons vergeet soms om dankie te sê vir diegene wat uitstekende werk verrig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Helena ·

Baie goeie werk en jy kan met reg trots wees op wat jy vermag het Lt Kol Pratt. Ek hoop net jy kry in die SAPD die erkenning en lof wat jy verdien.

Se maar net ·

Hulle sal beslis nou geen steen onaangeroer laat om van haat ontslae te raak, sulke harde werk en deeglikhei kan hulle nie bekostig nie,netnou sit alle ministers vir 93 jaar

Mede Kollega ·

Ek salueer jou Kolonel!! Jy maak ons TROTS!! Dankie vir al jou opofferings & harde werke.

Natalene Visser ·

Baie dankie Lt.Kol Pratt. Dis goed om te weet daar is nog diegene wat hulle werk hulle trots maak.

wielie ·

Welgedaan! SAPS kan gerus meer vir ons jan publiek sulke pragtige stories deurgee

Alida X ·

Baie goeie nuus.
Wat my opval is dat borg nie toegestaan was nie. Dit is iets wat maak dat baie sake bly sloer want misdadegers verdwyn as hhulle op borg uit is en gaan voort met misdaad. Dit is a oor en oor bewys.
Hoop hy sit vir baie jare. Hou hom so toe dat hy nie ontsnap nie. Met so weelderige lewe sal daar seker weer omkoop geld beskikbaar wees.

Vaalseun ·

Fantasties, Lt. Kol. Pratt. Jy maak van Suid-Afrika ‘n beter land. Groot dankie vir jou harde werk en toewyding.
Maar nou ja, Mnr. Lebona se volgende projek het pas begin. Dit is om uit Downstream terug te kom na Midstream toe, want in Downstream is die leefwyse nou nie so luuks soos waaraan hy gewoond is nie. En ek aanvaar Mnr. Lebona gaan nie skaam wees om sy beursie die praatwerk te laat doen om sy vryheid te bekom nie.
Wakker loop vir dié kalant se tronkstreke.

Pratt ·

Jy sien, as jy die job gedoen wil he, gee dit vir ‘n vrou. En ek praat van ‘n “vrou”

Maria Boshoff ·

Pratt, ons verstaan wat jy bedoel, níé dié wat sigbaar vér oorgewig is nie!!
Knap gedaan Lt-Kol Pratt!!

Louise v Jaarsveld ·

Fantastiese uiteinde vir harde werk. Knap gedaan Lt Kol Pratt. Ons het toegewyde mense met deursettingsvermoeë nodig in ons land. Dis hoekom ek hier bly … oor mense soos jy! Jul bring hoop.

Louise v Jaarsveld ·

Harde werk beloon.
Knap gedaan Lt Kol Pratt.
Ons het toegewyde mense met deursettingsvermoeë nodig in ons land. Dis hoekom ek bly … mense soos jy bring hoop.

Sanna ·

Dat die gelowiges bid vir haar veiligheid, want ons weet nou wie sy is.

Witkind ·

Wel gedaan Lt Kol! dit wil gedoen wees. :) wat ‘n wonderlike getuigskrif is dit nie vir jou nie!

christa ·

Goeie Werk Baie Dankie
Mr Ramaposa
Hoe Lyk dit Kan Ons Stem Vir n Nuwe Minister Van Polisie
Hierdie Vrou Sal Uitstekende Werk Kan Vermag
Baie Beter ad Ou Cele veer

TJK ·

Gee vir die Lt. Kol. ‘n dubbele ‘Bells’ – uitmundende werk gedoen!

Gesiggie ·

Well done aan jou LT Kol Pratt ons het beslus meer mense soos jy nodig in ons land.. iemand wat nie moed opgee, maar net aanhou en aanhou . Keep up the good work.

Jerry ·

Baie geluk Alet! Positiewe uitkomste wat “good cops” oplewer is maar dun gesaai en daarom is jou prestasie midde in n “failed SAPS” iets besonders!

Hanlie ·

Baie geluk en baie dankie vir jou onbaatsugtige werk wat jy vir ons doen. Hoop jy is ons volgende minister van Polisie, want jy verdien dit. O gaats, dan gaan jy darem ‘n paar poppe sien dans!!!

Jacques ·

Wel gedaan Alet . Baie dankie , jy gee my sommer weer hoop . Baie dankie aan jou familie wat ook opofferings moes maak .

Christa ·

Daar is Baie wat Kan Kom ,”tips” vang by hierdie vrou. Pragtig! Jy kan n trotse polisievrou wees.

Niklaas ·

Ons kan doen met meer aanstellings in SAP van haar kaliber. Puik werk gedoen.

Se maar Net ·

Hoekom nie n foto van die misdadiger by die berig sit nie.
Volgende wat ons hoor is die vrou n teiken!

julius ·

dis mooi hou so aan raak net ontslae die vrot appels die lui donkies asseblief tog in die nuwe sa

Suez ·

Well done girl.VERSEKER moet jy darem iets kry vir jou harde werk wat mans nie reg kry nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.