ʼn 22-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 12-jarige meisie verkrag en daarna met ʼn middel vir beeste ingespuit het, glo sodat sy nie swanger moet raak nie.
Maj. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder van Noordwes, het gesê die man werk op ʼn plaas in die Lichtenburg-omgewing.
“Die middel waarmee hy die slagoffer ingespuit het, is medikasie wat vir beeste bedoel is om te verhoed dat hulle dragtig raak,” het Makau gesê.
Die meisie het die voorval aangemeld en die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem. Sy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.
Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting van ʼn minderjarige.
SKOKKEND!! Wat gaan aan in ons dorp??
Dis siek! Arme kind. :(
Gee vir hom ‘n dodelike inspuiting. Omdat die tronke so vol is word verkragters mos met ‘n “sterkte vir die toekoms” drukkie op die skouer vermaan om dit nie weer te doen.
Bring hom vir my . Ek sal hom n 5 cc slenkdalkoors inspuiting gee . sommer onder die vel en dan kyk ons wat gebeur.
Ag nee man Gerhard. Nous ek nuuskierig!!! vertel wat sal gebeur