Miljoene om amptenare rond te karwei, maar g’n geld vir skoolvervoer

(Foto: Himesh Kumar Behera/Pixabay)

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het onlangs erken dat minstens 40 000 leerders in die provinsie geen manier het om by die skool te kom nie omdat die skoolvervoerprogram glo nie die nodige geld het nie.

Marshall von Buchenroder, die DA se LUR vir vervoer in die provinsie, sê die implikasies strek veel verder as die gebrek aan vervoer. “Dit ontneem hierdie kinders van hul grondwetlike reg op onderwys.”

Hy sê daar is ʼn rede waarom kinders deur oorstroomde riviere sal waad om by die skool uit te kom.

“Dit is omdat die alternatief – om sonder ʼn opvoeding groot te word en in ʼn nimmereindigende siklus van armoede vasgevang te wees – ʼn bitter pil is om te sluk.

“Ongelukkig is die probleem nie tot die minstens 40 000 leerders beperk nie. Duisende operateurs oor die hele provinsie is sedert November verlede jaar nie betaal nie, en alles dui daarop dat hulle eers in April hul salarisse sal ontvang,” sê Von Buchenroder.

Hy sê indien operateurs besluit om op te hou werk totdat betalings eindelik gemaak is, sal meer as honderdduisend leerders gestrand wees en nie by die skool kan uitkom nie.

“Die DA doen dus ʼn beroep op Mabuyane, asook Mlungisi Mvoko, LUR vir finansies, om dringend ʼn aanpassingsbegroting ter tafel te lê om geld van ander departemente beskikbaar te stel om die skoolvervoerprogram voldoende te finansier.

“As ʼn mens na die departementele begrotings vir die finansiële jaar 2023-’24 kyk, behoort daar meer as genoeg geld te wees om te verseker dat elke verdienstelike leerder by die skool uitkom.

“Geld kan byvoorbeeld uit die advertensiebegrotings geneem word, waar meer as R74 miljoen bewillig is, of spyseniering, waar ʼn verdere R77 miljoen beskikbaar gemaak is.

“Daar is meer as R360 miljoen opsy geskuif vir konsultante en ʼn verbysterende R608 miljoen is vir die vervoer- en verblyfkostes van staatsamptenare begroot.

“Kan hierdie begrotings nie besnoei word om te verseker dat ons leerders ʼn billike kans op ʼn beter toekoms kry nie?” vra Von Buchenroder.

Hy sê die DA lug al jare lank hul griewe en ​​kommer oor skoolvervoer.

“Verlede jaar, toe die begroting ter tafel gelê is, het ons die LUR en provinsiale tesourie gewaarsku dat die begroting onvoldoende is om in die nodige vervoer te voorsien.

“Die ANC het egter geweier om die werklikheid te erken en die begroting onveranderd gelaat; die gevolg hiervan is ʼn vernietigde akademiese toekoms vir ons kinders.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anel ·

My raad is: hounop om so baie kinders te hê!!! Hou op om torlaes vir kinders te betaal. Op die meeste dalk 2. Kry kinders bo 21, geen toelaag vir jonger ma’s nie. En die ma’s moet bewys lewer van werk. Dan sal daar nie werkloosheid wees nie en die kinders sal min genoeg wees om ‘n oordentlike opvoeding te kry. Geen plakkers of bedelaars toegelaat nie. Werk vir jou geld. En die regering moet gewone staatsamptenaarsalaris betaal word. As publiek nie tevrede is nie, geen betaling. Dan sal daar dalk geld wees vir waarvoor dit gebruik moet word!!!!

Martie ·

Jy praat so na my kool. Sulke reise soos Cele en Lamola nou weer onderneem het om twee blankes te gaan verdoem. En toe Lamola die terroriste beweging Hamas gaan verdedig het.

latie ·

ja dis waar hul leer om kleintjie te maak maak net swanger swanger dink gaan baie geld kry ????hallllooooo………………………………………………..maak nog gaan ryk word

Joan ·

Ek weet nie waar ek nou my beswaar moet aanteken nie, maar dit gru my elke keer as ek ‘n blad oopmaak om te lees, en ‘n sekere dik, knopneus-bakkies sit aan die linkerkant van my skerm en wonder, en dan my oggend bederf. Ja, self my eetlus bederf! Raak asseblief van hom ontslae?!?! Gooi ‘n gooiingsak oor sy kop, doen enige iets!

ES ·

Maar die gepeupel hou aan stem vir hulle “helde” en jy kan niks verkeerd se van hulle cANCer se nie… daar is nie salf te smeer nie.

Vernon ·

cANCer gaan nooit verander nie,ook nie hulle wat vir hulle stem nie..punt.

Luckykat ·

Ja nee, hou op stem vir die rulers van jul en sit leaders in hul plek.

George ·

@Anel, maklik om te se geen plakkers nie, jy was nie daai kant van die lyn toe apartheid ons uitskyf nie. “Maklike” oplossing vir die wat kyk maar nie sien nie.

SjN ·

Weereens n bewys dat hul niks voel vir hul ondersteuners op voetsoolvlak nie, wil die klomp nie besef dat n kospakkie en t hemp voor verkiesing nie aan hul basiese behoeftes kan voldoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.