‘Miljoene vir Kuba-vriende terwyl SA uitmekaar val’

(Foto: Yamil LAGE/AFP)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Woensdag ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) ingedien, waarin omvattende rekords van alle skenkings wat die Suid-Afrikaanse regering oor die afgelope 20 jaar aan Kuba gemaak het, aangevra word.

Dié besluit kom nadat daar berig is dat R120 miljoen deur die departement van verdediging vermors is nadat Suid-Afrikaanse studente teen groot koste vir mediese opleiding na Kuba gestuur is.

“Die totale koste van die mediese opleiding in Kuba is 136% duurder as wat dit in Suid-Afrika sou wees,” sê Charné Mostert, veldtogbeampte by AfriForum.

“AfriForum versoek transaksiedatums van elke skenking, ’n deeglike uiteensetting van die doel of rede vir elke skenking, enige korrespondensie of dokumentasie wat verband hou met die besluitnemingsproses oor die skenkings en ʼn duidelike aanduiding van waar die fondse vir die skenkings vandaan gekom het.”

Die aansoek kom teen die agtergrond van groot weerstand teen die Suid-Afrikaanse regering se beplande R50 miljoen-skenking aan Kuba in 2022.

“AfriForum het dié skenking suksesvol gevries en die organisasie wag tans op die uitspraak in ʼn opvolgsaak wat sal poog om hierdie skenking finaal te stuit.

“AfriForum sal voortgaan om verkwistende uitgawes deur die Suid-Afrikaanse regering te bekamp. Dit is ʼn regering wat nie huiwer om miljoene aan sy Kubaanse vriende te skenk nie, terwyl hy nie eens kan bekostig om sy eie ligte aan te hou nie.

“Die regering kan nie kardinale departemente onderhou nie weens die gebrek aan fondse, maar kan gemaklik miljoene skenk? Dit kan eenvoudig nie werk nie,” sê Mostert.

“Die verhouding tussen die Kubaanse regering en die Suid-Afrikaanse regering is ʼn groeiende belastinggeld-stortingsterrein. Besluite word geneem op grond van geldwaarde, nie op die beste belange van die land of sy burgers nie.

“Dit is skandelik dat dit vir die regering belangriker is om sy buitelandse vriende te verryk as om dringende kwessies op eie bodem op te los.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Harley Davidson ·

En net die massas kan hulle volgende jaar uitstem maar uit ondervinding weet ek kom stemdag staan hulle bankvas agter die anc en wen die klomp weer.

annie ·

Vra ook vir die grootste bank in Kuba hoeveel geld uit SA daar versteek is.

Mier14 ·

Kuba is SA se geldwassery ‘vennoot’ soos Ukraine die VSA s’n is.

Karoo ·

Dis seeker die enigste land wat bereid is om so te “wheel en deal” met die Afrika manier van doen en laate. By die tyd wat ek op my laaste is en ‘n Dr. of spesialis gaan nodig he, wonder ek vir voor my gaan sit en of hy/sy my gaan kan en wil help.

Gaitsigubib ·

As jy kommentaar n veerpyl was, dan het jy nou die pyl in die cherry gesplit.

Danie ·

Is julle regtig nogs steeds so ongelooflik naïef dat julle enige iets anders verwag…

Lukas ·

Ja Danie ek sterm saam met jou! Ek dink mense wil nie weet nie want hulle het hul geboortereg vir ‘n pot lensesop in 1994 verkoop.

Republikein in die Wes Kaap ·

Lukas, dis die waarheid! Ons kan maar kerm en kla tot ons blou is. Nou betaal ons die prys.

Amelia ·

En belasting betaler betaal daarvoor dit gaan seker een of ander tyd anc se nuwe tuiste raak so as die paw paw fan strike het hul reeds ander bly plek wonder net vir hoe lank sal china rusland ens hul daar wil he

Lukas ·

Ons is 100% ‘n lid van BRICKs en kommunisme is deel van die ANC se DNA. Dit is ook geen geheim dat die ou NP die toffie vir ons geskep het nie. Die verraad kom vanuit ons eie mense.

Republikein in die Wes Kaap ·

Lukas, die NEE stem sou in 1992 gewen het. Maar nee, toe verkoop ons ons geboortereg vir sport. Ons sit nou onder ‘n boom en kyk sport sonder ‘n dak oor ons koppe. Kortsigtigheid bly maar ons probleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.