Min Covid-19-pasiënte in WK-hospitale

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, wil hê dat die regering geheel en al wegdoen met al die Covid-19-maatreëls wat die ekonomie nog in ʼn ystergreep hou. Dít omdat die provinsie se hospitaalopnames en sterftes uiters laag is, ten spyte daarvan dat sy aantal gevalle van die hoogste in die land is.

“Daar is ʼn voortdurende ontkoppeling tussen Covid-19-infeksies, hospitaalopnames en sterftes. Die duidelikste aanduiding hiervan is dat daar ʼn afname in ernstige siekte in die Wes-Kaap was tydens die jongste oplewing van infeksies, in vergelyking met vroeër golwe.”

Nuwe hospitaalopnames neem weekliks af, hoewel positiewe gevalle weekliks verskil.

“Die aantal sterftes bly ook relatief laag met ʼn gemiddeld van drie sterfgevalle per dag in die Wes-Kaap,” sê Winde.

Altesaam 420 nuwe Covid-19-gevalle is gister in die Wes-Kaap aangemeld, die naasmeeste nuwe gevalle in die land. Dié provinsie het tans 7 613 gevalle – die meeste in die land.

Volgens Winde het slegs 3% van mense in alle Wes-Kaapse hospitale egter Covid-19 onder lede. Die Brackengate-hospitaal het tans 21 pasiënte met Covid-19, terwyl talle ander hospitale in die metro een of geen pasiënte het nie.

“Ons het ʼn afname in nuwe hospitaalopnames gesien sedert die tweede golf toe die daaglikse nuwe opnames vir die openbare sektor 369 was. Dit het aangehou om af te neem tot 297 tydes die derde golf en 186 in die vierde golf. Daaglikse nuwe opnames is tans op net 45 opnames per dag,” sê hy.

“Ons is lank nie meer bekommerd oor die oplewing van koronavirusgevalle nie en probeer nou veg vir die inwoners van die provinsie se ondernemings en werk.”

Volgens Winde het die Wes-Kaap se gesondheidstelsel baie geleer oor die vorige virusgolwe en is hy nou meer as gereed om ʼn moontlike herlewing vinnig en doeltreffend te pak – sonder enige bykomende nasionale regulasies.

“Ons het ons eskalering-strategie verfyn vir die bestuur van die uitwerking van enige herlewing in gevalle, vir die gesondheidsektor en ander sektore. Gedurende die onlangse toename in gevalle het ons gesondheidstelsel nie eens onder erge druk verkeer nie, al was daar al die beskikbare hulpbronne om ons reaksie teen die gevalle op te skaal indien nodig,” sê hy.

“Inentings teen Covid-19 en immuniteit wat voorheen opgebou is, toon verder dat ons veilig met alle beperkings kan wegdoen.”

Die premier voer aan die risiko om in die hospitaal te beland en aan die virus te sterf is 3,6 keer minder onder diegene wat ingeënt is en toe ʼn aanvullingsdosis gekry het. Die risiko om in die intensiewesorgeenheid te beland en aan ʼn ventilator gekoppel te word, is 4,3 keer laer as die pasiënt  ʼn opvolgdosis gekry het.

“Entstowwe bly ons beste vorm van beskerming teen Covid-19 en sal ons in staat stel om die maatreëls vir die virus heeltemal op te skort sodat ons ekonomie kan herstel,” sê hy.

“Deur weg te doen met die beperkings, sal dit ons ondernemings in staat stel om ten volle te funksioneer en eindelik verder te groei.”

Die premier se kantoor het verlede maand ʼn brief aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur in die hoop dat hy ʼn dringende vergadering met die president se koördineringsraad kan reël sodat hy die jongste data ter ondersteuning van die verwydering van die Covid-19-maatreëls aan hom kan voorstel.

Nog geen vergadering is egter gereël nie, maar Winde sê sy kantoor het reeds ʼn aanmaning aan die presidensie gestuur.

“Ons het nog steeds nie ʼn antwoord op die inhoud van hierdie versoek ontvang nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

VaalDonkie ·

Hospitaal is die LAASTE plek waar ek wil wees as ek COVID opdoen. Hulle laat jou eenkant met ‘n respirator le totdat jy doodgaan en dan kom praat hulle op die radio asof jou laaste woorde was “ek wens ek het die gif-spuit gevat!”. Plaas hulle eerder pro-aktief is en vir jou antihistamien en steroide gee sodat jy NIE ‘n ventilator nodig het nie.

VaalDonkie ·

Gelukkig kan mens nog Milbemycin en Thymoquinone koop en opgaar. Dit het dieselfde uitwerking as Vitamien I. En jy kan Thymoquinone sommer as geurmiddel in jou kos gebruik ook.

domheks ·

Hy te besig om vure dood te slaan oor die inbraak op sy plaas. Nou moet hy nog meer lig loop – almal weet nou daar is ‘n kitsbank op phala phala! hehehhee

Pietertjie ·

Jaaa.. Die Covid-grap, wat eintlik ‘n tragedie is as mens sien hoe mense lewens en welvaart verwoes is.

Manie ·

Mnr Winde, stuur tog vir die stommerlikes die totale sterfte syfer per jaar van die Wes-Kaap voor die pandemie, sowel as tydens die pandemie. Ek glo nie dit sal veel verskil nie.

DJ ·

Die president kan nie aandag gee aan die WK se briewe nie. Al sy en die ANC se energie gaan nou oor hul eie binnegevegte oor geld wat in meubels weggesteek was. Die land en sy problem is nie nou belangrik nie.

Anel ·

Daar word meer mense per dag vermoor as wat doodgaan aan die virus!!!

Johan ·

Dit is dan wat die WGO en die Wêreld Ekonomiese Forum voorgeskryf het as hoof maatreël teen C19 “test, test, test!”, en dit is wat regerings doen, die strengste (hoofsaaklik nuttelose) maatreëls gebaseer op toetsing, nie op wat in hospitale aangaan nie, op TOETSING! Eks so gatvol vir die klomp mense wat die regulasies voorstaan. Staan vanoggend weer met afgryse en kyk hoe kindertjies by die skool inloop met hul gesigte toegemaak, en vir wat! Dit is darem maar wreed om hulle so toe te bind.

Miskruier ·

Snaaks genoeg weet ek net van gavaksineerdes wat nou siek is aan covid.

VaalDonkie ·

Ne? Omikron het mos geleer om die waks-immuniteit te ontduik. Ons wat natuurlik van COVID herstel het, se imuunstelsels herken meer dele van die virus so ons is nou oukei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.