Minder as 500 nuwe Covid -gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Nuwe Covid-19-gevalle is steeds aan’t daal en volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is 429 nuwe gevalle van die virus bevestig.

Dit bring die algehele getal infeksies op 2 906 851 te staan, terwyl die positiwiteitskoers tans 2,6% is.

In hierdie stadium is daar 37 467 aktiewe gevalle van die virus. Altesame 87 819 sterftes weens Covid-19 is tot dusver bevestig nadat nog 39 Covid-19-verwante sterftes aangemeld is.

Die meeste nuwe gevalle is nou weer in die Wes-Kaap (22%), gevolg deur KwaZulu-Natal (21%), Gauteng (19%), die Vrystaat (10%), die Oos-Kaap (9%), Noordwes (8%), die Noord-Kaap (7%), Mpumalanga (3%) en Limpopo (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 40
  • Vrystaat: 41
  • Gauteng: 82
  • KwaZulu-Natal: 90
  • Limpopo: 7
  • Mpumalanga: 14
  • Noordwes: 33
  • Noord-Kaap: 29
  • Wes-Kaap: 93
  • Totaal: 429

Die getal nuwe gevalle is minder as ʼn dag tevore (809) en ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (1 333). Die sewedaggemiddeld is ook laer.

Nog 52 mense is in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en tans word 6 166 mense landwyd vir die siekte behandel.

Nog 184 324 mense is sedert ʼn dag tevore teen Covid-19 ingeënt en meer as 18 miljoen mense het tot dusver die entstof ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andre ·

Selfs die modereerder sal saamstem dat die opkomende verkiesing ‘n baie goeie effek het!

VaalDonkie ·

Dalk moet ons sommer elke maand ‘n verkiesing hou, dan sal COVID sommer gou-gou oor wees.

Samuel ·

Dit is verblydend om dit te hoor. Wat egter na die plaaslike verkiesings gaan gebeur, is ‘n ander saak. Dan sal die infeksies seker weer styg.

Thom ·

Die inentings en maatreëls tesame met die normale kurwes van die virus gee vir ons ‘n welverdiende blaaskans ___ dieselfde kan ongelukkig nie gesê word van dié wat alles saboteer nie .

VaalDonkie ·

Nicolaas, moenie jou asem mors nie. Dis ooglopend dat mense nie vir hulself dink nie en net aanhaal wat hulle op facebook lees. Dit geld nou vir beide kante van die saak.

Nicolaas ·

Gevalle sal aanhou afneem, net tot 2 Desember, wanneer die 4de golf kom en 75 dae sal aanhou… volgens die “expert” Salim Abdool Karim, aka die nar.

In daardie tyd sal die virus op die strande wees (maar nie die restaurante nie of winkels nie) want dit bak in die son en wag vir sonbaaiers.

Genis ·

Verkiesings klug… dis al… Getalle daal nou eweskielik dat die as draai

Deon ·

Baie bly oor die positiewe koers waarin die getalle beweeg… Nogals n radikale afname in syfers, ek wonder wat dryf dit? Wat het die eksperts daaroor te prate?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.