Minder beurtkrag Sondag ingestel

Argieffoto (Foto: Eskom/Twitter)

Beurtkrag is Sondagoggend van fase 4 na fase 2 afgeskaal, nadat verskeie opwekkingseenhede weer by die kragnetwerk gevoeg is.

Fase 2 sal nou tot 16:00 Sondag geld, terwyl fase 3 van 16:00 tot 22:00 Sondag ingestel sal word. Fase 4 beurtkrag sou aanvanklik Sondag gegeld het.

“Sedert Saterdagmiddag is ʼn opwekkingseenheid elk by Arnot, Hendrina, Tutuka en twee by die Lethabo-kragstasie weer in diens geneem. ʼn Opwekker by onderskeidelik die Duvha- én Camden-kragsentrale is egter weer uit die netwerk verwyder,” het Eskom Sondagoggend in ʼn verklaring gesê.

Die kragvoorsiener moet tans klaarkom sonder 4 009 MW weens beplande instandhoudingswerk en ʼn bykomende 14 515 MW weens onbeplande onderbrekings.

Die kragvoorsiener sê hulle sal voortgaan om die stelsel te monitor en veranderings in beurtkragfase in te stel, indien nodig. Suid-Afrikaners is weereens gevra om spaarsamig met krag te werk, veral tussen spitstye in die oggend en die aand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.