Minder toeriste besoek Suid-Afrika

Tien oorsese lande van waar toeriste gewoonlik Suid-Afrika besoek (Foto: Stastieke Suid-Afrika)

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Woensdag in sy verslag oor toeriste en migrasie bevestig dat minder toeriste Suid-Afrika in Augustus vanjaar besoek het, as dieselfde tyd verlede jaar.

Volgens die verslag het die getal toeriste vanaf Augustus 2018 tot Augustus 2019 drasties afgeneem. Ses van die tien oorsese lande van waar toeriste gewoonlik Suid-Afrika besoek, het ’n afname in die getal toeriste na Suid-Afrika getoon. Australië toon die grootste afname (11%) van 11 000 in 2018 na net minder as 10 000 in 2019. Die getal Chinese toeriste het ook met 10% afgeneem, van 8 000 in 2018 na net meer as 7 000 in 2019. Toeriste uit Brittanje, Frankryk, Duitsland en Nederland het ook afgeneem. Dieselfde getal Spaanse toeriste het Suid-Afrika vanjaar besoek as verlede jaar. Die meeste toeriste het egter steeds uit Amerika, Brittanje en Duitsland gekom.

Luidens ’n verklaring deur die DA het die departement van toerisme erken misdaad is die grootste rede vir die daling in buitelandse toeriste wat Suid-Afrika besoek. ’n Ander groot struikelblok is die beswarende visumvereistes wat toeriste twee keer laat dink voordat hulle besoek in Suid-Afrika aflê, luidens die DA.

Die tien toonaangewende Afrikalande (Foto: Statistieke Suid-Afrika)

“Die regering doen nie veel om die beeld van Suid-Afrika as ‘xenofobies’ en ‘onveilig’ in die buiteland te verander nie,” meen die DA.

Toeriste van die tien toonaangewende Afrikalande het ook kumulatief met 1,4% afgeneem. Lesotho het die grootste afname van 5,4% (van 127 398 toeriste in Augustus 2018 tot 120 510 in Augustus 2019) getoon. Swaziland, Malawi, Zimbabwe en Botswana het ’n toename in die getal toeriste getoon met Swaziland wat met 16,5% (van 76 911 toeriste in Augustus 2018 tot 89 605 in Augustus 2019) gegroei het.

Volgens Manny de Freitas, DA-skaduminister vir toerisme, is die toerismebedryf verantwoordelik vir 9,2% van alle werkgeleenthede. ’n Afname in die aantal toeriste kan gevolglik ’n negatiewe uitwerking op die ekonomie hê.  Die nasionale regering moet dringend aandag gee aan hierdie saak,” sê De Freitas.

Die DA gaan die voorsitter van die portefeuljekomitee vir toerisme in die parlement versoek om die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Nhubane, in te roep om te verduidelik wat die departement gaan doen om dié statistieke te verbeter. Die DA gaan die saak ook in die nasionale vergadering aanraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Spike ·

Mens is baie dom om sa te besoek. Die misdaad hoofland in die werêld geskep deur die comrades en kaders.

Michael P ·

My buur vrou is n toer gids vir duitse toeriste sy doen gemiddeld 10 tot 15 toere n jaar sy is nou op haar eerste toer vir 2019 dit is hoe erg dit is

Positief ·

Ek sou hier kom vakansie hou het. Baie mooi strande, heerlike weer, gunstig agv swak rand teenoor sterker eenhede en meestal veilig in die toeriste gebiede. Suid-Afrika is ‘n fantastiese land en ek het al oorsee getoer.

m ·

Ja “Positief”, ek sou ook hier kom vakansie hou het as ek nie heel tyd oor my skouer moes loer, en wonder waar kom die skelms volgende vandaan nie!!
Dis ‘n tragedie!!

@Realisties ·

Hang af waar jy bly. Ek kyk nie regtig veel oor my skouer nie. En nog minder as ek op die strand is…of in die berge, of enige ander vakansie plek. Ek is nou al vir 40 jaar in denial, en geen misdaad het my al getref nie. My God is groot en beskerm my en my gesin sodat ons Suid-Afrika se son, mense en leefstyl kan en mag geniet.

Dom ·

Issit. Ek sal nou my SA status opgee vir n canadian visum. Kom malema laat dit gebeur. Dan het jy ontslae geraak van n hele wit familie… Komkom..

Dink weer ·

Ek het dual citizenship vir Australië en sit nie my voete weer in Kanada nie, vervelig verby en vrek koud. Baie lekkerder net hier in SA. Gaan kyk gerus en besluit self.

Sonja ·

Kan ons die wat wel kom net iets leer? Moenie TShirts dra wat se jy is nie n BOER nie, juis dan is jy n target, want jy het GELD. Dog hulle is ver voor die hele wereld, tog nie! Hoe dom kan mens wees

Spook op thaba ·

Refentse se hulle skuil om die hoeke in vuil Vanderbijl.haha

Bert ·

Nou toe nou, hoekom sal dit nou wees?
Klink ek nou sarkasties?

Bert ·

Dink net hoeveel buitelandse valuta sou ingekom en spandeer gewees het, hoeveel werksgeleenthede, hoeveel BTW sou direk sars toegegaan het.
Sjoe mense, maar ons gaan vorentoe.

Pieter ·

Werk geskep het vir wie BTW wat die ANC net weer sal mors asb

Christa ·

Hoe Anders as moord die grootste besigheid is in SA. Natuurlik Sal mense wegbly en lewe

Gielie Hill ·

Ons kan bly daar is nog toeriste wat SA besoek. Wie wil nou vakansie gaan hou in ‘n plek waar dit nie veilig is nie.

Sean ·

Buitelandse toeriste is slagoffers in suid afrika Vandat hulle op die lughawe land is hulle in die visiere van die kriminele

Arrie ·

As ek ‘n toeris was sou ek ook nie SA besoek het nie. Daar is baie ander lande met mooi strande ens. Misdaad het begin toe Wet en Orde verdwyn het, jy tas mos iemand se menseregte aan as jy hom aankeer vir misdaad. Dit gaan nog hierdie mooi land van ons se ondergang beteken.

Johan ·

Snaaks so min Sjinese besoek SA. Hulle het dan so hard saam hulle kommunistiese terroris maatjies “geveg” om SA van die Boere te “bevry”…

Judge Dredd ·

Die Reenboognasie se “novelty factor ” het getaan.

Reisiger ·

Ek waarsku nog aanmekaar vir die Buiteland om hier weg te bly as hulle hulle lewens lief het.
Lyk my dit werk.

Sê maar net ·

En jy, wat 24/7 hier bly leef nog? As jy nie na gevaarlike plekke toe gaan nie is, dit meestal baie veilig.

Realis Thailand ·

Ek sien SA kry n paar duisend Chinese toeriste
Thailand het verlede jaar net so by die twaalf miljoen Sjinese toeriste gehad van wie 99% per vliegtuig hier aangekom het
In totaal het Thailand agt en dertig miljoen toeriste gehad. Waarom, omdat die meeste Visa vry die land kan inkom tot en met 90 dae vir party lande en die misdaad affekteer nie die toeriste nie. S Afrikaners het 30 dae visa vry toelating en dan nog 60 dae vir n bedrag van R1000 wat jy sommer hier in die land voor aansoek doen en kry
Ek woon reeds 6 jaar hier en hernu net my visa elke jaar teen n bedrag van Nege honderd Rand met geen misdaad en n rustige lewe
Om hier af te tree is so eenvoudig as om jou tas te pak ,hier aan te kom en n “aftree” visa te kry
Het met n tas klere hier op 70 jarige ouderdom aangekom en woon op n plaas in rus en vrede,my eie huis,motor en hoespoed internet 200 Mbps af e n200Mbps op teen R302 per maand
Laat sa dit ook maklik vir toeriste mak

Steenkamp ·

Ek dink nie jy kan n aftree visa in Thailand bekom teen R 1000 nie. Na 30 dae gratis visa hernu jy vir nog 30 dae teen Baht 1900 (R 950) Daarna moet jy die land verlaat om nog 30 dae te kry of ‘n “border run ” te doen per mini bus teen ongeveer Baht 8000 (R4000). Indien jy aftree visa wil koop vir 12 maande kos dit ongeveer Baht 20 000 (R 10 000) Ook moet jy bewys lewer dat jy Baht 800 000 in ‘n Thai bank het of ‘n maandelikse inkomste van Baht 60 000 het, Ek was daar en sal graag verneem hoe jy so goedkoop wegkom

Realis Thailand ·

Die sogenaamde Retirement visa kos 1900 Baht
Ja jy moet 800K in die bank he maar my beleggings is hier so ek het dit
Geen aftree visa kos R10 K behalwe as jy n agent gebruik en nie die 800KB in die bank het nie
Ek kry nou al vir die afgelope 6 jaar my visas hier.
Elke keer as ek die land wil verlaat moet ek n re-entry visa kry wat R500 kos of 1700 Rand vir onbeperkte in en uit van die land
Die border run is amper iets van die verlede want die regering het begin toeslaan daarop
Ek moet net meld ek het n dame wiehuis skoonmaak teen R150 per dag en n persoon wie my op die plaas help teen R150 per dag.
Geen munisipale belasting .Geen riool koste en net vullis verwydering teen R5 per maand en water onbeperk teen R2 per kiloliter.Het ook n boorgat op die plaas.
Krag is duur teen R2 per eenheid maar geen availability fooi nie
net die wat jy gebruik
Geen misdaad .Geen sleutels vir my huis en die motor se sleutel bly in die voertuig waar dit onder die afdak teen die straat staan vir die laaste ses jaar
Ek het baie vriende hier en my familie besoek ek gereeld in die Kaap en skype en bel gratis 400 minute per maand

Reisiger ·

Ek weet wat en waar om te vermy – die arme toeriste weet nie.

Jandre ·

Eks miskien nie n toeris nie, en woon al 26 Jaar in die buiteland. Maar ek sal op die oomblik, wraggies NIE n reis boek, na hierdie hool nie. Maar vir n toeris sou ek se; “As jy nie will hoor nie, dan moet jy voel.” Daars genoeg inligting wat die rontes maak oor die huidige toestand van die nuwe piesang republiek. As jy net TV kyk en niks anders ondersoek en ag op slaan nie, dan verdien jy wat jy kry. Maak n reis en vat dan baie goeters saam met jou :)

Ag asseblief ·

Jandre, dit mag jou opinie wees, maar jy sal my nie glo nie, daar is baie mense wat dolgelukkig in Suid-Afrika bly! Ek is een van hulle. Geniet dit daar oorsee, maar ek verkies Suid-Afrika vir bly en oorsee vir vakansie.

Kom ek vertel jou van my “hool”… Ek bly binne ‘n radius van 10km van meeste van my familie. Ek het ‘n 5 slaapkamer huis met groot erf en ek het ‘n huiswerker en tuinwerker wat dit namens my in stand hou. Die weer hier by my is meestal heerlik, die mense vriendelik en dis veilig. Jip, veilig! Is ek een uit ‘n miljoen? Glad nie! Vir wat wil ek nou oorsee gaan bly?

Realis Thailand ·

Stem met jou saam
Ek was moeg van misdaad na ek 52 jaar net misdaad gewerk het en nerens kon gaan
As ek by n rooilig stilhou in de nag kyk jy heeltyd rond en hulle het driekeer by my huis in Kleinmond ingebreek in n plek kastig met min misdaad.
Hier is geen hole nie en ek ry waar ek wil sonder om eers aan misdaad te dink wat my n tyd geem het
Ek bly hier tot daar weer n beskaafde regering is en misdaad vlakke daal en dit sal ongelukkig nie in my lewe wees nie
Het pas 6500 km deur sa gery en gesien hoe val die dorpe uitmekaar en het fotos geneem om dit te bewys.
Geneit maar julle tragiese land waar ek ook gedroom het om lekker eendag af te tree

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.