Minimum loon byna 10% hoër

Argieffoto Foto: en.starafrica.com

’n Nuwe nasionale minimum loon van R25,42 per uur sal vanaf 1 Maart in werking tree.

Die vorige minimum loon was R23,18. Dit is ’n styging van 9,6%.

TLU SA sê die regering het heeltemal tred verloor met die werklikheid, terwyl die werkgewer blatant uitgebuit word.

“Die ooreengekome norm van inflasiekoers plus 1%, wat ongeveer 8% is, was reeds vir boere byna onbereikbaar. Dit is duidelik dat die regering se woord nie die papier werd is waarop sy sogenaamde ooreenkomste staan nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Dié organisasie stel voor dat die huidige minimum loon plus 3% die norm behoort te wees. Agri SA het op sy beurt ’n VPI minus 2%-verhoging in die nasionale minimum loon voorgestel.

Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê hierdie voorstel erken die finansiële druk op werkers in die inflasionêre omgewing, maar het ook aandag gegee aan die werklikheid van boere se onvermoë om steeds bo-inflasieverhogings te absorbeer.

Van der Rheede wys daarop dat die jongste verhoging deel vorm van ’n tendens van bo-inflasieverhogings vir langer as ’n dekade. Intussen word voedsel- en werksekerheid bedreig.

“Enige styging in koste sal boere verder onder druk plaas. Terwyl die sektor sukkel om die koste verbonde aan beurtkrag, verkrummelende infrastruktuur en hoë insetkoste in bedwang te bring, sal hierdie verhoging voedselsekerheid verder ondermyn en broodnodige werkgeleenthede op die spel plaas.”

“In ʼn gesonde ekonomiese omgewing word prys op grond van vraag en aanbod bepaal,” sê Van Zyl. “Boere behoort self die salaris wat hulle kan betaal, vas te stel. Werkers kan dan besluit om dit te aanvaar al dan nie. Indien dit vir hulle onaanvaarbaar is, moet hulle ander opsies soek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Truman Burbank ·

Die minimum loon is onder broodlyn. Maar nog minder mense kan nou bekostig om huiswerkers te hê. Catch 22 om die minste te se.

Nommer 7 ·

Huiswerkers se salarisse behoort belasting afrekbaar te wees.

George ·

As jy nie minimum loon kan bekostig nie, kort jy nie n huiswerker nie.

Truman Burbank ·

George. En dit is die ander kant. Die rippel effek van werkloosheid

George ·

Dit is so, maar om van mense te verwag net “om te vat wat hulle kry” is ook nie die oplossing nie, ek kan jou belowe, meeste met huiswerkers grom as hul nie hul bonusse en verhogings elke jaar kry nie, maar wil nie dies onder hulle meer betaal nie.

George ·

So se die een wat aanlyn le en kommentaar lewer. Onthou dit wanneer jy nie verhoging kry nie. Dis belaglik om die minste te se.

Sebastiaan ·

By die wynkelder waar ek werk het die produsente reeds begin om saam oesmasjiene te koop en so mekaar te help. Teen die huidige loon betaal die oesmasjien homself baie vinnig af. Oesmasjien = werkloosheid, presies wat die kommuniste wil hê.

Nommer 7 ·

Elkeen las R1 miljoen, maar kan nie R2 p/u ekstra vir hul werkers betaal nie!

Nommer 7 ·

…met tot 190% invoer belasting op kos!! En die verbruiker betaal die prys.

Spook ·

Ek stem saam met die ANC. Jy kan alles by ‘n winkel koop, jy het nie boere nodig nie.
Ek hoop iemand verstaan darem die sarkasme

Truman Burbank ·

H.A. En dit wat hul nie kan invoer koop hul sommer by Checkers. lol

George ·

en hoeveel van julle koop direk by die boere? Jip so gedink.

Barney ·

Dis ‘n baie moeilike situasie. As jy 8 ure ‘n dag werk dan verdien jy net meer as R200 per dag. Hoe kan jy daarop oorleef? Daar moet eerder gekyk word daarna om die ander oorsake van hoë koste (verkrummelde infrastruktuur) aan te spreek ipv om die arme werker uit te buit.

Corne123 ·

dit is goed so hulle moet dit meer opstoot kom ons wees eerlik hoefeel van ons kan oorlewe met n R5000 n maand onmoondlik

Koos 100 ·

Corne, dis waar maar as die werkgewer dit nie kan bekostig nie, is daar net 2 alternatiewe, en met beide gaan die werkers hulle werk verloor, dan het hulle niks!

Lourens ·

Loon is nie liefdadigheid nie en dis nie ‘n bedrag om die werker aan die lewe te hou nie – dis vergoeding vir werk gedoen.
En as die werk te duur word vir wat jy kry, doen jy dit self.

lodewyk ·

Op die ou einde gaan jou werkgewer jou laat gaan as hy nie meer jou salaris kan bekostig nie,of hy maak sy deure toe,dit is nes soos die staats pension,almal will meer he maar wie betaal vir dit -die belasting betaler,ek se as n persoon nie gelukkig is met sy salaris nie,bedank en gaan werk dan vir meer by n ander firma..

Magda ·

En wat dink jy moet Di pensioners van leef met R1990 per maand. Van hulle bly verniet en kry ook Kos verniet. Belaglik Di verhoging.

Truman Burbank ·

Magda. As die regering regverdig was, het die pensioenarisse ten minste dieselfde gekry as minimum loon.

domheks ·

As jy die miljoene van die mini-sters verdien kan jy dit bekostig! Maar nie gewone salaris trekkers nie!

Andre ·

Harley, jy is beslis nie n boer nie. Jy dink soos die anc. Kos kry ons mos by Checkers en PnP. Nie by die boere nie. As boere nie wins maak nie, kan hulle nie werkers betaal nie.

Nommer 7 ·

Andre, veral by Checkers, kan ek al my kos koop waarop staan, “product of France, Chili, Poland, Thailand, Ireland, Portugal, Spain, UAE, Argentina…..” Dan is dit ondanks die hoe” invoerbelasting nogsteeds goedkoper as plaaslike produkte wat kilometers vanaf my verwerk word.

lodewyk ·

En ongelukkig wie betaal vir daai verhoging? ,belasting betaler,baie mense het nie voorsiening gemaak vir hulle eie pensioen nie,nou verwag hulle die staat moet vir hulle sorg -Alles geblaas toe hulle jonk was -nooit aan oudag gedink nie..Dit is SASA, en dit is dit en die 8 Miljoen belasting betalers moet vir die ander 30 miljoen in SA sorg..?

Truman Burbank ·

Kyk ou lodewyk. Dalk moet jy jou marie antoinette brille afhaal. Menige pensioen skema het al geval sedert frinnkie aan bewind was. Nog meer onder die huidige regime. Ek weet van hele paar egpare wat belowe was hul OM polisse sal voldoende wees, en toe verander wetgewing. Waar hulle omtrent R20 000 pm sou kry, is dit nou n skrale R4000. Wie se skuld is dit? Die bejaardes vandag was die hardwerkendes van die 60’s en 70’s. Geen gejol nie. Maar jy sal nie weet. Want jy was nie daar.

CARINA ·

Regering gee 3% salaris verhoging. Besighede se kele word afgesny met loadshedding en nou nog 10% minimum load. Moet ons nou die werkloosheid mark flood met nog mense. Nog korter skof laat werk.
Laat mense eerder vir minder geld werk as geen geld nie.
Regering probeer hul 3% verhoging regverdig met 10% privaat sektor loon verhoging.
Hul sopas die werkloosheidsyfer opgejaag.

Nommer 7 ·

TLU SA en Agri SA wil altyd die indruk skep dat boere armlastig is, en dat SA die enigste land in die wereld is wat voedsel produseer. Hulle het heeltemal tred verloor met die werklikheid.

Koos 100 ·

Zimbabwe was die kosmandjie van Afrika so 40 jaar terug. Nou is daar hongersnood. Juis deur sulke regerings inmenging. Leer uit ander se foute, het my ouers my geleer. Ek doen my huiswerk en tuinwerk self, want ek kan nie hulp bekostig nie.

Nommer 7 ·

Koos 100. SA is die kosmandjie vir Europa, en plaaslike produsente stort hul uitskot vars produkte op die plaaslike mark, waarvoor hulle hoe” pryse kry omrede hulle beskerm word deur invoerbelasting op voedsel. Ek het al ‘n lang gesprek gehad met ‘n aankoper van P’nP, en is aan my gese^ dat P’nP maar net kan aankoop wat die produsente hul aanbied, want die beste produkte word uitgevoer.

Pierre ·

Kyk maar waarmee ry die armlastige boere meeste wat ek ken het net die beste wat beskikbaar is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien jy in SA wil boer is jy dapper. Of roekeloos. Dis nie landbouvriendelik nie.

Manie ·

Soos ‘n omie eendag vir my gesê het: Boerdery is soos prostitusie, jy weet voor jou siel jy is besig met verkeerde dinge, maar jy gaan maar net aan.

annie ·

Alles klink presies soos destyds toe Kaapse boere hul waens gepak en noord beter gaan soek het agv Brittanje se magtige eensydige oorheersing. Nou wil almal noord weer suid trek om tog maar in te val by die opperhand wat die Weste gebruik het om diegene wat tog so verontreg het, in beheer te stel. Voor 1994 was daar gepleit vir ‘n gebied vir Afrikaners maar boere het dit afgeskiet. En nou kla hulle weer. Berus nou!

Anel ·

Wie is die staat om aan die privaatsektor voor te skryf? Die staat beplan om sy werkers 3% verhoging te gee maar verwag van die privaatsektor om 10% verhoging te gee! Duidelik kan hulle nie wiskunde doen nie. As hulle dan nou op 10% aandring, sal ek sê die werker moet dan maar alles daaruit betaal. Sy losies, medies, vervoer, alles. Wat die staat nie besef nie is dat die privaatsektor meer vir sy mense doen as wat hulle veronderstel is, uit menslikheid. So moenie met belaglikhede die privaatsektor kom voorsê nie. Julle veroorsaak net werkloosheid. In elke geval, die regering verdien nie ‘n sent van hulle salarisse nie. Sny dit bietjie en kyk hoeveel bespasr sal word. Maar nou ja, ek is maar net ‘n gewone belastingbetaler. Wat weet ek nou!

Eden ·

Boere: meganiseer, raak ontslae van jou werkers. In die VSA doen 2 werkers op ‘n reuse plaas die werk van 10 hier op ‘n kleiner plaas

Dit sal sommer jou veiligheid help verseker ook.

Nommer 7 ·

Eden,die verskil is dat daar nie plaaswerkers in die VSA beskikbaar is nie. Hulle moet “ingevoer” word vanaf die Suid Amerikas.

Papsak ·

As hulle ophou alles op stoot en duurder maak ne sal ons ook kan lewe maar op die oomblik kan ons nie regtig nie want daar word nie na almal om gesien nie dink net aan hulle self

Eugene ·

Die regering sit alles op, nog meer mense gaan werkloos wees, en misdaad toeneem.

VaalDonkie ·

Snaaks hoe die boer van “vraag en aanbod” praat wanneer hulle so vinnig saamspan om die prys van vleis en goed op te jaag.

Amelia ·

Baie van die plaaswerkers kry blyplek kos klere tabak weater en krag verniet wat die boer en res van ons maar self mot betaal kyk bv hoeveel kos blyplek in Pretoria

Casper ·

Nommer 7,niemand sê boere is armlastig nie maar kom ons kyk in perspektief na die volgende uitdagings wat boer moettrotseer:
1 Dieselpryse
2 Dipstof en ander diere medisyne.
3 Kunsmis
4 Saad om te plant.
5 Elektrisiteit om te besproei a g v beurtkrag
6 Hoenders wat vrek a g v beurtkrag.
7 Voer wat aangekoop moet word op skuld a g v droogte
8 Landbank wat boere se plase terug vat al is die markwaarde baie meer as die skuld.
Nee wat 007 dink weer.

Nommer 7 ·

Casper, dit wat u lys is nie uitdagings nie, maar gewone bedryfsuitgawes wat alles belasting aftrekbaar is. Jan Alleman betaal meer vir brandstof as wat boere betaal, koop ook vir hul troeteldiere kos, bemes ook hul grasperke, plant ook plante en gebruik ook elektrisiteit vir hul sprinkels, maar kan niks hiervan van belasting aftrek nie. Dit is ‘n uitdaging! Ns. As ‘n boer sy kind universiteit toe neem, of gaan haal, en oorslaap, is die diesel en ander uitgawes belasting aftrekbaar. Nie vir Jan Alleman nie. Dink weer.

Danie ·

Van waneer af het jy n huiswerker nodig om agter jou skoon te maak? Nee man, los jou treurigheid en doen dit self, en in die proses, leer sommer jou arme bloeitjies met hul ronde handjies om ook verantwoordelikheid te vat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.