Die departement het Sondag in ʼn verklaring die nuus bevestig. “Dit is met groot hartseer en swaar harte waarmee ons u in kennis stel van die skielike heengaan van Chumani Nqakula.” Chumani is die seun van die minister van verdediging, Mapisa-Nqakula, en voormalige kabinetminister, Charles Nqakula.
Volgens die departement is Chumani glo deur iemand wat hom geken het in Bezuidenhout Valley in Johannesburg vermoor. Die verdagte is reeds in hegtenis geneem en is in polisie-aanhouding.
“Die ministerie van verdediging en militêre veterane betuig sy innige medelye met minister Mapisa-Nqakula en haar familie,” lui die verklaring. “Mag God haar die vertroosting en vrede gee in hierdie moeilike tyd en mag Chumani se siel in vrede rus.”
Meer besonderhede oor die moord sal mettertyd bekendgemaak word, het die departement gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Anc, jul het die deure oop gemaak vir ons om te moor soos ons wil. Dit wat jy saai….. al vir 21 jaar lank…
Dit het die realitiet geword in ons land. Gun so iets vir niemand, maar mense word links en regs vermoor. Niemand maar niemand is meer veilig.
Ja dit is vreeslik as ‘n ouer ‘n kind so moet verloor en ek kry die ouers bitter jammer en sal vir hulle bid.
Daar behoort geen maars te wees, maar ek kan nie anders om te vra: ANC maak julle oe oop wat in ons land gebeur en bring as dit moet, die doodstraf terug om orde te handhaaf.
Dit is die resultaat van ‘n ruggraadlose willose regering wat misdaad net laat gaan het. Wie moet bedank word, ‘n korrupte leierskap met weinig of geen integriteit. Ons moes dit al vir 21 jaar lank verduur, nou pluk hulle self die vrugte daarvan. Wat is volgende ?
Maar hier is mos nie ‘n geweld probleem in die land nie ………………