Minstens 15 000 huishulpe wat vir privaat huishoudings gewerk het, het tussen Julie en September vanjaar hul werk verloor, het Statistieke Suid-Afrika Dinsdag gesê.
StatsSA se kwartaallikse arbeidsmag-opname het aan die lig gebring dat werkloosheid tot 27,1% in die derde kwartaal toegeneem het, van 26,6% in die vorige kwartaal.
Dit is die hoogste werkloosheidskoers in Suid-Afrika sedert 2003.
StatsSA het gesê alhoewel die aantal persone wat in diens geneem is, met 288 000 gestyg het, het werkloosheid met 239 000 gestyg – wat steeds gelei het tot ʼn styging van 0,5% in die werkloosheidskoers.
StatsSA het gesê werkskepping neem slegs toe in die formele en informele sektore en landbou.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
59 Kommentare
Met komplimente van die ANC…ZUMA en sy ZUMAIKIES!
Met die voorgestelde minimumloon gaan nog meer huishulpe sonder werk wees. Ek sal noodgedwonge myne se werksure moet aanpas na 2 of 3 dae per week ipv 5 dae.
Ja hulle moes dit van die begin af geweet het die mense het nie daai geld om daardie salaries te betaal nie . Maak die werkende mense se belasting minder dit wurg on dood .
Nadat my huiswerker afgetree het, kom ek sonder een klaar. Ja soms raak ek agter met die huiswerk en moet die kinders inspring en help, maar ek voel baie veiliger hier op die plaas.
So amper twee jaar terug het ek verhuis – van ver in die noorde na 1 kilometer van die see af. Ek het my getroue huishulp van 6 jaar goed behandel, haar aflegging betaal – meer as wat die wet se – en ‘n klomp goed aangery na haar huis toe wat ek nie wou trek nie. Vir myself gese – moenie weer ‘n huishulp kry nie – daar kom wetgewing wat dit te duur gaan maak: – En daar het jy dit nou….BAIE gaan werkloos word. Ek was my eie kleertjies, en skrop my eie toilet. Baie maklik.