Die vereniging vir swart boere, die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) het die voorgestelde nasionale minimumloon van R3 500 per maand verwelkom, maar het versoek dat daar voorsiening gemaak word vir klein boere.
Lees meerAlles vir Dinsdag 22 November 2016
Bewerings van rassisme by Wynberg-skool ondersoek
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het bevestig dat hy ondersoek instel oor bewerings van rassisme en diskriminasie deur leerlinge by die Waterloo-koshuis by Wynberg Girls High School.
Grootste fondsinsameling ooit deur SA universiteit
Die Universiteit van Johannesburg se fondsinsamelingsveldtog vir die sogenaamde “vergete middel”, een van die grootste fondsinsamelingsveldtogte ooit deur ʼn Suid-Afrikaanse instansie vir hoër onderwys, het R100 miljoen ingesamel om die studies van bykans 2 500 studente te ondersteun.
VSA-musikant Mos Def ‘ongewens’ verklaar
Die Amerikaanse musikant en akteur Yasiin Bey, beter bekend as Mos Def, sal toegelaat word om Suid-Afrika te verlaat, het die departement van binnelandse sake Dinsdag gesê.
Maatskappy reageer oor ‘Doom-profeet’
Tiger Brands het in ʼn verklaring gesê die maatskappy neem kennis van die onlangse optrede deur profeet (Detective) Lethebo Rabalago waar Doom-insekweermiddel in persone se gesig gespuit word as deel van aanbidding.
ToekomsVenster: God is betroubaar
Kom ons memoriseer hierdie teks vandag en koester dit in ons gemoed. “Prys die Here. Hy is waardig.” Dis nie moeilik nie.
Minstens 15 000 huishulpe het hul werk verloor
Minstens 15 000 huishulpe wat vir privaat huishoudings gewerk het, het tussen Julie en September vanjaar hul werk verloor, het Statistieke Suid-Afrika Dinsdag gesê.
Verdagte vas ná moord op Ermelo-vrou
ʼn Man is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem in verband met die moord op Issie Dippenaar (58) wie se liggaam Maandagaand in die kattebak van haar motor buite haar huis in Ermelo, Mpumalanga, gevind is.
Vloedslagoffer se liggaam dalk gekry
Die liggaam van ʼn kind, vermoedelik dié van die driejarige Everite Chauke wat byna twee weke gelede deur vloedwater in die Jukskeirivier in Alexandra meegesleur is, is Dinsdag opgespoor.
[Foto’s] Reuse happies vir die kleinste mensies
Matteo Stucchi, ʼn bakker van Monza, Italië, het soettande wêreldwyd gaande met sy miniatuurkarakters wat die nageregte “maak”.
Ideologie moet werklikheid verhelder, nie voorskryf
Uiteindelik is dít wat die kapitalisme en die sosialisme met mekaar gemeen het: Geeneen van hulle plaas die méns – hetsy die individu of die gemeenkap – sentraal nie.
Kommer oor ondersoek na Phiyega sloer
Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, is reeds in Oktober 2015 met volle betaling geskors hangende ʼn ondersoek na haar bevoegdheid om haar amp te beklee.
Die wêreld in foto’s – 22 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Foto’s: Duisende bid saam met Oom Angus vir land
Meer as 50 000 Suid-Afrikaners het Saterdag in die FNB-stadion byeengekom om saam met Angus Buchan te bid vir ʼn einde aan die droogte, korrupsie en rasse-onmin in Suid-Afrika.
Faf appelleer teen skuldigbevinding
Faf du Plessis, krieketkaptein van die Proteas, gaan appèl aanteken teen sy skuldigbevinding aan balknoeiery in die tweede kriekettoets teen Australië wat verlede week ten einde geloop het.
SAL-werknemer vas oor voorskrifmedikasie
ʼn SAL-bemanningslid het Maandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn nadat hy op die OR Tambo Internasionale Lughawe glo met meer as 35 000 voorskriftablette in sy bagasie betrap is.
Kawasaki se baanfiets vir die pad
Jy trek weg, en daarna raak jy nie weer aan die koppelaar nie. Jy hou die krane oop en tik net die rathefboom met jou tone. Die enjin gee ’n kort nies en sit seepglad oor na die volgende rat. Die mooiste klankbaan vergesel die aksie, en ek wens die Kawasaki het ’n 17-spoed ratkas.
‘Minimumloon gaan werkloosheid verhoog’
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag in reaksie op die voorgestelde minimumloon gesê dat die instelling van ’n hoër minimumloon die omstandighede van werkloses in Suid-Afrika uiters gaan bemoeilik.
Jong pa voor gesin aangerand ná botsing met koedoe
“My swanger vrou en tweejarige dogtertjie het in my pa se bakkie gesit en dit magteloos aanskou. Ek is voor hulle aangerand, rondgepluk en gewurg toe ek om hulp probeer roep het.”
4-jarige verloor kankerstryd: Hartverskeurende foto moet bewusmaking skep
Die vierjarige se pa het wyd opslae op sosiale media gemaak nadat hy ʼn foto van Jessica gedeel het waarin gesien kan word hoe sy huil en haar liggaam saamtrek van pyn weens die behandeling.