
Jessica Whelan (Foto: A fight against neuroblastoma via Facebook)
Waarskuwing: Die foto in die berig mag sensitiewe lesers ontstel.
Jessica Whelan, die vierjarige dogtertjie van Engeland wat ʼn “openbare” stryd teen neuroblastoom geveg het, is Maandag oorlede.
Meer as 130 000 het Whelan se stryd teen dié kinderkanker gevolg deur middel van haar Facebook-blad, A fight against neuroblastoma.
Haar pa, Andy Whelan, het die nuus Maandag op dié blad gedeel.
“Ek voel hartseer én verlig om vir julle te sê dat Jessica vanoggend 07:00 oorlede is. Sy sal nooit meer ly of die fisieke beperking van haar liggaam voel nie. My prinses het nou engelvlerke,” het hy geskryf.
Whelan het wyd opslae op sosiale media gemaak nadat hy ʼn foto van Jessica gedeel het waarin gesien kan word hoe sy huil en haar liggaam saamtrek van pyn weens die behandeling.
Hiermee wou hy bewusmaking oor kinderkanker bewerkstellig. “Ek bedoel nie om aanstoot met die foto te gee of mense te ontstel nie. Die doel daarvan is om op te voed – dit is dus belangrik om dit in konteks te sien,” het hy gesê.
“Die foto beeld die donkerte van kinderkanker uit. Miskien is daar self iemand wat genoeg kan doen om te keer dat geen ouer ooit weer hoef te sien hoe sy kind ly nie.”
Whelan het ook Jessica se stryd in die openbaar gedeel in die hoop dat daar eendag ʼn geneesmiddel vir dié kanker kan wees. “Ek smeek julle, as pa met ʼn gebroke hart – dit is te laat vir my dogter, maar daar moet ʼn geneesmiddel vir kinderkanker gevind word. Geen familie behoort deur hierdie hel te gaan nie.”
Besoek A fight against neuroblastoma op Facebook.
Bron: CNN
- Jessica Whelan (Foto: A fight against neuroblastoma via Facebook)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
52 Kommentare
Maroela media, waarom is dit nodig om so n foto te plaas?
Ek weet ek moesnie kyknie, maar het ek wel gekyk. Die foto is ontstellend, en is dit verskriklik om te dink dat daar babas/kleuters/tieners/volwasse & bejaarde mense is wat elke liewe dag deur die pyn moet gaan. Ek kan net dankie Liewe Here sê vir my, my gesin en familie se gesondheid. Mag daar asb ‘n geneesmiddel gekry word teen hierdie aaklige siekte. Ek wil aan elke persoon wat ly sê ek bid vir julle – ek wat gesond is, besefnie waardeur julle en jul gesinne deurgaan nie. Here ek dra al hierdie mense op na U!
My hart breek in duisende stukkies vir hierdie pop. En die ouers wat dit moes beleef om hul kind se pyn nie minder kon maak nie.
Nóú is sy ‘n engeltjie! Lewe is darem maar onregverdig. RIP Engel ?
RIP Bokkie dis baie hartseer.Jy het geen pyn meer nie.
Aan die pappa en mamma baie sterkte ek het my pappa verloor 3 maande terug.Dit is n bitter pil om te sluk.Die verlange en hartseer raak nie beter nie my 1ste Kersfees sonder my Pa ek wil nie eers daar aan dink nie.
Sterkte Xxxx
Pappa ek bid vir julle… laat ons Vader jou, jou gesin en familie deur hierdie moeilike tyd sal help.. ek bid vir jou, jou gesin en familie vir berusting.. baie sterkte.. geen woorde kan mens ooit beter laat voel nie… maar weet Jessica is nou sonder pyn en kan net die pragtigste engeltjie wees.. mag God jul styf vashou