Mnr. X impliseer Myeni by Zondo-kommissie

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad. Foto: ANA

ʼn Getuie wat in camera voor die Zondo-kommissie na staatskaping getuig, het Dinsdag bekend gemaak hoe hy geld na die Jacob Zuma-stigting gekanaliseer het in opdrag van Dudu Myeni, gewese SAL-voorsitter.

Die getuie, wat die skuilnaam Mnr. X gebruik, het getuig hy is die eienaar van die konstruksiemaatskappy Isibonelo Construction en dat sy maatskappy meer as R3 miljoen van Premier Attraction 1016 ontvang het sonder dat daar enige diens gelewer is.

Premier Attraction 1016 het aan Myeni se seun, Thalente, behoort. Thalente Myeni het vroeër voor die kommissie getuig hy kan baie van die transaksies nie onthou nie.

Volgens Mnr. X het hy watertenks verskaf vir Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal en in die proses ʼn goeie huisvriend van Myeni geword. Hy het getuig sy verhouding met haar sal vernietig word deur sy getuienis.

“Ek het haar ʼn lang tyd geken. Ons het mekaar geken deur sake doen en saam werk. Ons was so na aan mekaar dat ons amper soos familie was en mekaar se byeenkomste bygewoon het.”

Daar het intussen ook getuienis aan die lig gekom oor die Mhlatuze-waterraad waarvan Myeni die voorsitter was.

Volgens Mnr. X het Mboniseni Majola, ʼn projekbestuurder by Mhlatuze, hom vroeg in 2015 genader en gevra dat hy Isibonelo se bankbesonderhede verskaf sodat hy en sy “baas” geld deur die maatskappy se bankrekening kan oorplaas.

“Ek het nie vir hom gevra hoe dit gaan werk nie want hy is meer geleerd as ek. Hy het vir my gesê hy sal vir my die bankrekeningnommer gee waarin ek dan die geld moet betaal.”

Mnr. X het getuig dat Myeni hom twee keer opdrag gegee het om geld aan die Jacob Zuma-stigting oor te betaal.

Myeni se vriendskap met Zuma het onder die soeklig gekom terwyl sy voorsitter by SAL was. Die kommissie het reeds getuienis gehoor dat Myeni die oudpresident se naam gebruik het om uitvoerende beamptes by die lugredery so ver te kry om twyfelagtige besluite uit te voer.

Mnr. X het versoek dat sy identiteit weerhou word nadat Myeni glo sy dogter gebel en gedreig het. Die oproep het glo gevolg die dag nadat Mnr. X met die Zondo-kommissie se ondersoekers vergader het in Januarie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JM ·

Korrupte nes! Erger as die 10 plae van Egipte. Suid-Afrika is verwoes tot oor die afgrond en die verwoesting duur voort soos ‘n tsunami!

Kobus ·

“hy het getuig hy is die eienaar van die konstruksiemaatskappy Isibonelo Construction”

Hoe moeilik dink hy nou, kan dit wees om uit te vind wie mnr. X is?

Scalla ·

Hond eet hond, sy dogter gebel, mnr X is seker die skim, nogal opvallend hoe party goed nie meer onthou kan word nie?

Genis ·

Die tentakels van korrupsie in die ANC is net so baie soos die geld wat hulle verdoesel het.. Dis eindelik angbevange om te dink die situasie is on omkeerbaar…

Hannes ·

Mr. X: hou asb my identiteid geheim, ek kry doodsdreigemente.
Ook Mr. X: ek is die eienaar van die besigheid met die naam van xyz…
Lekker slim Mr. X….

marius ·

Wat help die dinge as daar NIKS aan die adderlike daders gedoen word nie ?

Jr ·

Net so slim redeneering soos hou jou buiteligte aan gedurende loadshedding. En dan is daar ” ” Now listen carefully – four thousand and 20 million and nifty fifty and 4711. Ha ha ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.