Mokopane-moorde: ‘Ons wil nie aannames maak’

Die toneel waar die twee mans doodgeskiet is. Foto: SAPD

Die polisie wil in die stadium nie enige aannames maak oor of die moord op twee ANC-lede in Mokopane (Potgietersrus) polities gedrewe was nie.

Die twee mans het Dinsdagmiddag in ʼn motor gesit toe ʼn man hulle genader en dadelik op hulle losgebrand het. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Die oorledenes is intussen geïdentifiseer as die 54-jarige Valtyn Kekana en Ralph Kanyane (32). “Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar ons volg leidrade op.

“Die motief is steeds onbekend en in die stadium wil ons nie aannames maak oor die redes vir die voorval nie,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die ANC in Limpopo het intussen gesê hy is hartseer oor die sinnelose moord op twee van sy lede.

Volgens Soviet Lekganyane, provinsiale sekretaris, was Kekana die voorsitter van die munisipale openbare rekeninge-komitee in die Mogalakwena-munisipaliteit terwyl Kanyane ʼn wyksekretaris was.

“Alhoewel ons nog nie weet wat die motief vir hierdie moorde was nie, het ons die afgelope 12 maande ’n skokkende toename in moorde op ons lede gesien, wat dit vir ons moeilik maak om nie te vermoed dat dit polities gedrewe is nie.”

Begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie, het Lekganyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerda ·

Die afgelope 12 maande se toename in plaasmoorde is baie skokkend.

Lana ·

Ek dink die EFF sal die polisie kan help met inligting i.v.m. dié moorde.

LD ·

Dit is polities! Ons munisipaliteit is ñ bedrog spul en hulle moes ondersoek instel en die skuldiges wil nie uit gevang word nie.

Wonder net ·

Jammer oor die mense se dood. Dit is 2 te veel.
Maaarrr!! Op dieselfde dag is daar nog 50plus ander burgers ook vermoor.
Is die regering ook daaroor ontsteld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.