Mol in polisie skuldig dat hy boewe help

Vertroulike foto’s is op lede van ʼn dwelmsindikaat se selfone ontdek. (Foto: Rami Al Zayat / Unsplash)

’n Voormalige werknemer van die polisie in die Noord-Kaap is daaraan skuldig bevind dat hy inligting oor beplande operasies aan misdadigers verklap het.

Polisie-ondersoeke het onthul dat Sebastian Johnson (42) onder meer foto’s van ’n beplande klopjag aan lede van ’n vermeende dwelmsindikaat gestuur het.

Tebogo Thebe, woordvoerder van die Valke, sê dié eenheid het in April 2021 ʼn operasie uitgevoer om lede van ʼn dwelmsindikaat in hegtenis te neem. Ná die inhegtenisnemings is verdagtes se selfoonrekords vir verdere ondersoek bekom.

“Die span het op vertroulike foto’s van die beplande operasie op die verdagtes se selfone afgekom. ʼn Ondersoek is gevolglik van stapel gestuur en dit het die span na ʼn burgerlike lid verbonde aan die provinsiale misdaadintelligensie gelei,” sê Thebe.

“Die lid, Sebastian Johnson, is Dinsdag ná ʼn lang verhoor skuldig bevind. Hy is ook uit die polisiediens ontslaan.”

Johnson sal in aanhouding bly totdat hy weer op 1 Junie in die hof vir vonnisoplegging verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

domheks ·

Voorbeeldige SAPS lid! Wonder hoeveel geldjies onder die tafel deur?

Danie ·

Hy sou dit defnetief nie verniet gedoen het nie.Vir hulle is geld als.

Blomkind ·

Jy sien…Hoe gemaak nou….Die berig het nou maar net klomp Suid Afrikaners wel hulle vermoede oor die Polisie saam Misdaad bevestig…Hierdie Hool sal in die lewe nooit reg kom nie…Jy kan maar op jou kop staan en Jan Pierewiet fluit…Nooit…Dit los n bitter smaak in my mond want ons moet nog hier oud word…

marius ·

Dwelms, reporterhoring , perlemoen. Al hierdie sindikate is in die wetstoepassers ingevleg. Tot bo.

Althes ·

11,3 miljoen werkloses van onse mense. Ek wonder hoeveel van hulle het ñ misdaadrekord.
Hy gaan nou deel word van bogenoemde statistiek.
Nietemin, sulke oneerlike polisiebeamptes hoort nie in die polisie nie.

Gert ·

Ek vermoed die nasionale misdaad eenheid bekend as Die Molle, is selfs groter, beter befonds en deegliker in hulle werk as die Valke, Skerpioene, Varke, en Sirkus ape. Wonder aan watter minister Die Molle antwoord?

Samuel ·

Is daar regtig nie meer eerlike mense in die polisiediens nie? Hoekom verbaas dit my nie? As die groot krokodil vreet, waarom nie hy nie?

melaney ·

Als goed en wel, maar dit is net een persoon wat gaan boet vir sy dade. Wat van die res? En daar is baie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.