Motor bars deur hotelingang in Umhlanga

Drie mense is beseer nadat twee voertuie in Umhlanga in ‘n ongeluk betrokke was en een van die motors deur ‘n hotelingang gebars het. (Foto: Crisis Medical)

Drie mense is beseer toe ʼn voertuig Donderdag in die vroeë oggendure deur die glastoegangsdeure van ʼn hotel in Umhlanga gebars het.

Twee voertuie was skynbaar kort tevore in Meridianrylaan in ʼn botsing betrokke, waarna een van die voertuie van die pad af gegly en deur die glastoegangsdeure van die hotel gebars het, het die nooddiensorganisasie Crisis Medical in ʼn verklaring gesê.

“Die voertuig het in die hotel se ingangsportaal tot stilstand gekom. Die bestuurder is lig beseer.

“Merkwaardig genoeg is niemand in die hotel beseer nie.”

Die bestuurder en passasier van die ander motor is ook lig beseer en is na ʼn nabygeleë hospitaal vir mediese ondersoek geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie, maar die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PJN ·

“Het julle enige dubbelkamers beskikbaar vir die nag. Ons het al vreeslik geklop maar die voordeur was gesluit.”

Renè ·

Dit moes spoed gewees het en veto tagsaming van verkeerstekens of robotte. Ek het al self gesien hoe jaag mense in Meridian Drive sonder om by stopstrate te stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.