Motor pen vrou vas in oprit

Die vrou het matige tot ernstige beserings opgedoen (Foto: Verskaf)

ʼn Vrou is Maandag inderhaas hospitaal toe geneem nadat sy in die oprit van haar huis in Durban deur ʼn motor vasgepen is.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici omstreeks 13:30 na ’n huis in Forest Hills, Durban, ontbied waar die ongeluk plaasgevind het.

“Volgens inligting het die vrou uit haar voertuig geklim om die hek toe te maak, toe die voertuig teruggerol en haar teen die muur vasgepen het,” sê Herbst.

“Konstruksiewerkers in die omgewing het die vrou hoor skree en haar te hulp gesnel.”

By paramedici se aankoms op die toneel was daar reeds ’n ander ambulansdiens op die toneel wat die vrou bygestaan het.

“Die vrou het matige tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer. Sy is daarna per ambulans hospitaal toe geneem vir verdere mediese behandeling.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andelucia ·

Shame dis erg hoop sy is ok. Frats ongeluk gebeur so gou. Sterkte

Swerwer ·

Moet ‘n nare ondervinding wees. Dankbaar vir die Konstruksie werkers wat in die nabyheid was en haar te hulp gesnel het.

Harley Davidson ·

Ek gaan regtig nuus 24 mis,kort nuuswaardig en interessant.

Eclectus ·

Dit is verstommend hoeveel videos daar van soortgelyke insidente wêreldwyd op YouTube is. TREK JOU HANDREM OP! Dis ‘n basiese beginsel van motor bestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.