ʼn Motorfietsryer is ernstig beseer toe hy Saterdagmiddag ongeveer 30 m ver geval het in ʼn ongeluk in die Tzaneen-gebied in Limpopo.
Paramedici van ER24, die SAPD se soek-en-reddingspan en die Metro-reddingspan is na die toneel ontbied.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die man en sy vriende het in ʼn bergagtige omgewing met hul motorfietse gery toe die voorval gebeur het. “Die man het vermoedelik met sy motorfiets van ʼn hoogte afgeval. Paramedici kon ná ʼn ruk daarin slaag om by die man uit te kom en het bevind dat hy ernstige beserings opgedoen het,” het sy gesê.
“Toe reddingswerkers die man uiteindelik tot op grondvlak gekry het, is hy met ʼn helikopter van die Suid-Afrikaanse Lugmag na die Mediclinic Tzaneen geneem vir verdere behandeling.”
Van Huyssteen het gesê die presiese omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie.
Kyk eks famous… ?