ʼn Motorfietsryer is Saterdagoggend dood tydens ʼn ongeluk in Moreletapark, oos van Pretoria.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 11:30 na die toneel in Wekkerstraat ontbied. “Die man het veelvoudige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Terwyl paramedici hom wou stabiliseer, het sy toestand egter verswak en hy het aan sy beserings beswyk. Hy is op die toneel dood verklaar.”
Vermaak het gesê die motorfietsryer het vermoedelik ʼn motor getref wat in Wekkerstraat wou indraai. Die insittendes in die motor is ondersoek, maar hulle het nie enige beserings opgedoen nie.
Plaaslike owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
My innige simpatie aan die oorledene se familie asook aan die mense in die motor. Dis baie baie hartseer.
Shucks… hoop dit is nie ‘n geval van ‘n kar wat voor ‘n bike ingedraai het nie.
Miskien (dalk) het die motor voor hom ingedraai. Waarom? Vanoggend is ‘n motorfiets in ons klein dorpie met ‘n helse spoed voor my huis verby. Die meeste van die kruisstrate (ook in my omgewing) het geen stop- of toegeetekens. Soverre ek weet is die ongeluk ‘n 50/50 skuld. Wees maar eerder versigtig want jy kan maklik op ‘n motorfiets insmelt met die agtergrond. Ook hou motors nie graag stil by stopstrate. https://mobserver.co.za/78829/video-shows-motorcycle-crash-not-sensitive-viewers/
My hart gaan uit na hom en sy mense.
Innige simpatie aan die motorfiets ryer se familie en vriende asook sterkte aan die voertuig insittendes, want ook vir hul is dit ‘n traumatiese gebeurtenis. Vele kruispunte in voorstedelike gebiede se stop en toegee tekens en borde is al baie deur elemente verwyder of deur vandalisme beskadig. Daardeur eis dit ook lewens verliese of kan ernstige ongelukke meebring.