Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se motor het omstreeks 07:40 naby die M7-afrit onklaar geraak. Hy het vir vriende gewag om hom te kom help toe twee gewapende rowers hom oorval het.
“Die rowers het hom in die rug geskiet voordat hulle met ʼn onbekende bedrag kontant en sy selfoon gevlug het,” het Zwane gesê.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedici, het gesê die man, vermoedelik in sy 50’s, was in ʼn ernstige toestand. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is.
Volgens Zwane word ʼn saak van poging tot moord en roof ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Ek gaan vir my ‘n koppie tee maak en in die son op my tuinbankie sit en vir die berge kyk.
O,…. en ek gaan verlang na mense wat ek nie ken nie.
Dit is die beste plan. Vergeet van al die hartseer en pyn waar deur so baie mense elke dag moet gaan. ?
KarooKlong, jy is op die beste plek in die hele wěreld. Ek is nogal jaloers op jou. SA het regtig ‘n lelike land geword onder ons huidige regering.
So onnodige. Sterkte vir die man en familie. Julle is ons gebede
Karooklong…ooooo kom haal my..wil ook wees waar jy is….
Hahaha, ken jou nie maar ek belowe ek sal na jou verlang.
Dit was tot nou toe net daar by julle in die verskriklike Jo’burg. Ek het julle meer as een keer genooi om na Durban te emigreer. nou gebeur dit hier ook! Daai rowers is beslis vanaf Gauteng!