Motoris skiet verkeersbeampte in Alberton

Argieffoto (Foto: glukan/Pixabay)

ʼn 30-jarige beampte van die Gautengse verkeerspolisie sterk in die hospitaal aan ná ʼn motoris hom twee keer geskiet het.

Sello Maremane, woordvoerder van die verkeerspolisie, het gesê die voorval het Vrydagoggend in Alberton, by Corner Ringweg en Voortrekkerstraat, plaasgevind.

ʼn Motoris in ʼn rooi Audi het versuim om by ʼn rooi verkeerslig stil te hou en die beampte het hom voorgekeer. “Die motoris het in daardie stadium besluit om ʼn wettige opdrag te verontagsaam en het die beampte geskiet en weggejaag.”

Die beampte is tans in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.

Die Gautengse verkeerspolisie het die voorval veroordeel en doen ʼn beroep op beamptes om bedagsaam te wees tydens die uitvoer van hul pligte.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kanjynoumeer ·

Anargie – wetteloosheid.
Restore law and order!
People have no respect for law and order Minister Cele. Take note…

Maggies ·

Ek hoop daar is ten minste ‘n registrasie nommer in die gereg se besit.
Is daar nog hoop vir hierdie mooi land van ons? Elke liewe dag is dit net moord, doodslag, verkragting, molestering en haat in ons berigte.

Stefan ·

Die man het dalk gedink dis ‘n kaping deur ‘n ou in polisie klere.
Eintlik glad nie moeilik om in hierdie land so iets te vermoed nie.

Johan ·

Dis vreeslik. Dink wel na covid voel almal die potte is ons nommer 1 vyhand. Dis wat gebeur as jy die weermag en polisie vir politieke mag misbruik op burgers.

ronel ·

Ongelukkig die waarheid, daar is ‘n haat en woede teenoor die polisie en weermag gekweek deur die regering se magsmisbruik wat ongeken is, selfs in ons land!

Hennie J ·

Suid Afrika, die land van ons Vadere, het getransformeer na n wilde weste sonder n sheriff wat iets beteken.

Johan D ·

Dit is hoogtyd dat veral verkeersbeamptes begin “bodycams” dra vir getuienis omdat hulle meestal alleen patrolleer!

Thea ·

Ek lees nerens enige iets van arrestasie wat gemaak was nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.