Motoriste steier onder rekordhoë brandstofpryse

(Argieffoto: Paul Brennan/pixabay)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê hoewel die brandstofprysstyging minder is as wat die verwagting andersins sou wees, laat dié rekordhoë brandstofpryse motoriste steeds vuisvoos.

Die departement van minerale hulpbronne en energie het Maandag aangekondig dat die prys van 93 oktaan-brandstof na verwagting met 28c per liter styg en 95-oktaan-brandstof met 36c per liter. Die prys van diesel gaan steeds met nagenoeg R1,50 per liter styg.

Gegewe hierdie verhogings sal 95-oktaan-brandstof nou R21,96 per liter in Gauteng kos en R21,24 per liter aan die kus. Die prys vir diesel in Gauteng is nou vasgestel op R21,01 per liter en R20,39 per liter aan die kus.

Die winter nader en talle Suid-Afrikaners is dan toenemend van paraffien afhanklik.

Paraffien sal voortaan nou R15,84 per liter in Gauteng kos en R15,02 per liter aan die kus. “Dit is ʼn verdere knou vir behoeftiges wat hierdie brandstof vir verhitting, kook en beligting gebruik,” sê die AA.

Die AA het die aankondiging van die verlaging van die algemene brandstofheffing in April en Mei met R1,50, verwelkom. Die verlaging beteken dat hierdie belasting nou op R2,44 per liter staan, wat heelwat minder is as die huidige R3,94 per liter.

“Hoewel die afname in die algemene brandstofheffing effense verligting vir motoriste bring, styg die prys van alle brandstof egter steeds oor die algemeen. Dit kon egter erger gewees het as dit nie vir die verlaging in die algemene brandstofheffing was nie.

“Die ingryping om die algemene brandstofheffing te verminder, is betekenisvol aangesien dit wys dat die regering die kwessie van stygende brandstofpryse ernstig opneem. Dit het ook aangedui dat die regering na verskeie voorstelle kyk om stygende brandstofkoste in die toekoms te hanteer.

“Watter planne die regering ook al oorweeg, moet vinnig opgevolg word. Die neiging van stygende brandstofpryse gaan waarskynlik op kort- tot middeltermyn voortduur, veral aangesien die situasie in Oekraïne onopgelos bly, wat druk op die internasionale petroleumprodukprys, en op sy beurt op plaaslike pryse, verhoog.
“Ons bekommernis, soos altyd, is die uitwerking van dit alles op verbruikers en daarom moet ʼn volhoubare, langtermynoplossing vroeër eerder as later gevind word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maverick ·

Dit is regtig belaglik, die regering worry nie hulle het petrol kaarte wat gebruik word waarvoor ons belasting betalers betaal. Hulle betaal nie vir brandstof nie so hoekom sal hulle omgee ????????

Marius ·

Die lyk my die anc se strewe na bankrotskap is bereik al wat kort is hongersnood.

Vossie ·

SA het ‘n gesamentlike staak van alle mense nodig om die ANC te leer waar die krag eintlik le

Sarie ·

Nie terwyl mense nog hul toiletpapier gebruik van die 2020 aankope nie

Nico ·

Die land is verwoes deur die anc regering wat net wil vat dit is tyd dat ‘n wit regering weer oorvat, selfs die anderkleuriges kry swaar, die winter is op pad en kyk wat kos paraffien. Die anc regering moet stop met al die belastings wat saam met die brandstof prys gaan.

Lian ·

Hoekom word petrol so erg belas ? Dit bring dan inkomste in waarop die regering genoeg belasting reeds hef . Hoekom die skerp styging . Is SAOL besig om ons uit te suig ? Is hulle nie veronderstel om ons juis teen hierdie pryse te beskerm nie ? Waar gaan hulle petrol heen ? Word SASOL belas ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.