Motorwrak slaan aan die brand, vier dood

Argieffoto

Die polisie in die Noord-Kaap doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat vier mense oor die naweek in ’n motorongeluk op die N48 buite Philipstown gesterf het. Volgens die polisie het die motorwrak kort ná die ongeluk aan die brand geslaan.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, was die vier insittendes van ’n Opel Corsa Saterdag omstreeks 21:40 op pad na De Aar nadat hulle vroeër die dag ’n begrafnis in Petrusville bygewoon het.

Die motor het omgeslaan en aan die brand geslaan. Twee van die insittendes is in die brandende motor vasgekeer en twee ander is buite die motor aangetref.

Drie mans en ’n vrou is op die toneel dood verklaar, sê Ramatseba.

Twee van die oorledenes is reeds geïdentifiseer. Hulle het egter onherkenbaar in die motorwrak verbrand.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trojaanse Donkie ·

It is alleged that a Toyota bakkie 4×4 single cab travelling from Swadini direction collided head-on with a Toyota Avanza travelling from the direction of Hoespruit. During this collision, eight people died instantly, two were transported to hospital for medical treatment. One of them later succumbed to the injuries.” Hier is ons bakkie bestuurders weer hard aan die werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.